Hoofstuk 9: To The Boy I Loved Before And All The People I’ll Love After
Ek skryf die love letter, want ek gaan nooit die kans hê om dit vir jou self te sê nie. En al het ek die kans gehad, glo ek nie jy sou of wou verstaan nie.

My Liefste *Harvey

Ek skryf die love letter, want ek gaan nooit die kans hê om dit vir jou self te sê nie. En al het ek die kans gehad, glo ek nie jy sou of wou verstaan nie. Dit voel soos ñ leeftyd wat ek jou laas gesien of mee gepraat het. Ek mis jou, ek mis jou elke dag. Jy’t nog nooit regtig my gedagtes verlaat nie en al ons memories hou my vasgevang in die verlede.

Ons het nooit ñ label op “ons” gesit nie, maar die onsekerheid wat saam met die “non-relationship” relationship wat ons in was gekom het, het bloot net te veel geword en ek kon eenvoudig net nie meer baklei vir jou aandag nie. Ons het mekaar ontmoet heel random en op die mees unconventional way, tydens ñ tydperk waar ek myself weer leer ken en explore het. Iets wat net ñ one-night stand moes wees het toe verander in iets vêr langer as 2 jaar.

Alles was casual tussen ons, tot daai eerste Sondag in February 2018 toe ons mekaar weer vir die eerste keer gesien het na die lang vakansie. Ek het vergeet hoe aantreklik jy is, hoe baie jy praat en hoe oulik jy is as jy smile of lag. Daai Sondag het alles verander vir my, en ek het vir die eerste keer weer butterflies gehad na *Susan. Dis ons indifferences wat my getrek het na jou toe; die lewe is wit of swart vir my, daar’s geen grys areas nie. My lysies het lysies! Jy is ñ live in the moment, what will be will be soortvan ou.

Jy’t my jonk gehou en op ñ rollercoaster van emotions en experiences gesit wat addictive was.

As ek jou sien, helder my gesig met die grootste breedste smile; As jy my gesoen het, het ek weerlig hoor slaan; As jy my vasgehou het, het ek reën geruik soos op ñ grondpad in die dorre Karoo; Jy het weer my glimlag op my gesig gesit toe ek gedink het dit is onmoontlik.

Jy het geen idee hoe baie ek van jou hou nie; geen idee hoe ek smile as ek sit en luister na al jou random conversations nie; geen idee hoe my hart vinnig klop as ek ñ boodskap op my foon sien van jou af nie; en geen idee hoe graag ek jou nou hier by my wil hê nie. En al het jy nooit werklik dieselfde gevoel gehad nie, het jy vir my gewys wat liefde kan wees.

Soms wonder ek of jy ook terug dink aan al ons tye saam; as ons gekuier het in die dorp, hoe jy seker maak ek ry nie sonder jou nie en gereeld in check met my om te hoor waar ek is; Ons Sunday Fundays met Savannah light; chill sessions voor die TV op die bank wanneer ek op my gelukkigste is; ons cuddle sessions, hoe jy my styf vashou, en druk, elke nou en dan, as ek langs jou wakker word en ek vergeet van die wêreld om ons; en jou boodskappe wat altyd eindig met “xxx” na ñ sleepover.

Al daai oomblikke het meer beteken vir my as wat jy ooit sal weet. Onbewus het jy my begin wys hoe dit is om ñ lewe te deel saam iemand. Dis een van die groot redes hoekom ek verlief geraak het op jou, al daai klein goedjies wat jy gedoen het sonder om te besef jy doen dit. Dit is hoekom die dalk die moeilikste Koebaai is vir my.

Jy was ñ “first of many” gewees, maar my gevoelens is my eie wrecking ball; jy is ñ beautiful drug wat nie goed is vir my nie. Saam jou het ek vergeet die pad waarop ek is, en jy het ñ comfort zone geword vir my. Ek het ñ prentjie in my kop geskilder oor ons, en my blind gestaar aan jou verskonings en al die leë woorde. Ek het nooit minderwaardig gevoel saam met jou nie, inteendeel, jy het my weer laat glo in liefde, my hoop gegee toe daar niks was vir my nie.

Ek het nooit getwyfel as ons saam was nie, dis die stilte en onsekerheid as ons nie bymekaar is, wat my gebreuk het. Dis asof jy twee verskillende mense was; die liefdevolle *Harvey saam met my, die *Harvey wat my, die wêreld van ons as beautiful gesien het saam met jou; en dan die bliksem wat ek teen gewaarsku word daagliks, wat my dom maak met feeble excuses, my ignore en net aandag gee wanneer dit jou pas. Jy het my so damn goed en special laat voel die eendag en die volgende dag my laat voel as of ek niks beteken het nie.

Die hartseer is unexplainable as jy ignored word deur die een persoon wie se aandag jy die meeste in die wêreld soek. Ek was die ou wat in die hoek staan en lief het, terwyl jy jou lewe geleef het sonder om te sien wat dit aan my doen. Ek onthou elke woord wat jy gefluister het vir my, nie omdat ek wil of ñ keuse het nie, maar omdat ek nie kan vergeet nie. En met tye tref daai woorde my soos ñ stof storm en die sand korrels hardloop stadig uit my oë en oor my wange.

Jy het bly terug kom na my deur al my tantrums, insecurities en paranoia. Was dit omdat jy werklik iets gevoel het of was dit die convenience van my wat net aanloklik was vir jou? Ek is nie meer upset met hoe dinge uitgedraai het nie; ek is meer disappointed dat Jy op die ou end verander het in alles wat ek gehoop het jy sou nie.

Jy het al die regte goed op die regte tyd gesê, but failed to live up to those words eventually. Al wat ek nodig gehad het was dat jy ñ obvious effort gemaak het, ek het reassurance gereeld nodig gehad, want my past experience het my convince dat jy nie regtig belangstel nie en op die ouend ook net gaan loop. Dit is seker een van my grootste flaws wat ek het.

Jy het vir my gesê “with expectation comes disappointment”. Dis ironies nou vir my soos ek die brief sit en tik, jy is die een wat die expectation gestel het en ek is die een wat met die disappointment deal. Ek het al soveel keer dit probeer stop tussen ons, maar onverwags het jy net bly terug kruip in my lewe. Jy’t eintlik lankal terug my hart begin breuk; vir lank kon ek nie verstaan hoekom ek bly klou en hoop het nie. Dis omdat, deur al die hartseer wat ek gehad het en deur gegaan het, was jy die enigste ding wat my die gelukkigste gemaak het.

Ek’s ñ fool, ñ simple fool wat selfs nou sit en wonder “gee hom nog ñ kans om daai grand gesture te maak”.

Hoe ek voel oor jou het geensins verander nie, ek het net bloot besluit om dit nie meer te wys of te sê nie. Want maak nie saak hoe hart ek probeer het nie, you just wouldn’t get it.

En net soos my Ma, al daai jare terug die hartseer weg gesteek het en op haar eie in stilte in mekaar gesak het; het ek vandag dieselfde gedoen. Ek kan nie meer jok vir myself nie, jy is net nog ñ Hoofstuk in die ontdekkings reis waarop ek is. En tussen deur al die tranne wil ek hê jy moet weet dat jy absoluut, sonder twyfel, my beste Hoofstuk is sover.

En ek sal altyd mis wat ons amper gehad het, dit kon net die beste adventure gewees het waarop ons gegaan het. Goed gaan *Harvey, find what you’re looking for; leef jou lewe sonder enige regret; en hopenlik eendag gaan jy wakker word en terug kyk op die tyd wat ons saam spandeer het en besef, jy moes harder probeer het. I am worth the effort.

Al my liefde, altyd

Q xxx

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


Math Captcha
78 + = 88