Hoofstuk 7: United States van n Karoo Kardashian
Na jare se sit en droom van die lekker tye in Engeland, klim ek einde 2017 weer op ñ vliegtuig; maar die keer is dit nie om te loop tee drink saam Royalty nie, ek kies koers na die land van plastic en die Kardashians.

Baie jare terug, net na skool, is ek ook op ñ vliegtuig gesit. Two year working holiday visa in die hand, na die land van tradisie, protocol en tee drink saam Her Majesty; nes enige ander Suid Afrikaanse kind daai jare. Die idee was om “jouself te vind”; jy gaan loop werk, geld spaar en ñ lewe vir jouself bou as jy eers terug is.

Wel, ek het nie myself gevind nie, ek het loop werk; So bietjie geld gespaar en ek het ñ lewe gebou vir myself sonder die Pond/Rand exchange rate. Life happened en ek het nog nie weer getravel na my twee jaar in Engeland nie; behalwe vir ñ kort 5 dag trip Botswana toe, but that’s hardly “going overseas” en Botswana is ñ storie op sy eie. Na jare se sit en droom van die lekker tye in Engeland, klim ek einde 2017 weer op ñ vliegtuig. Maar die keer is dit nie om te loop tee drink saam Royalty nie, ek kies koers na die land van plastic en die Kardashians.

Satchel vol dollar note en my paspoort stap ek die vliegtuig in, gereed vir die 16h vlug na die Volksvreemde Westerse Land wat mens net op die TV sien. Niks kon my voorberei vir wat op my wag nie. Van die oomblik wat jy op Hartsfield-Jackson Atlanta International land besef jy dadelik, America is really BIGGER and BETTER. Die roltrappe gaan in diep skynstes op, jy check jouself in elektronies by customs en ñ ondergrondse trein vat jou na jou volgende terminal om op ñ domestic flight te klim; jy hardloop nie jouself des moers van Pontius tot Pilatus soos by OR Thambo nie.

Die lughawens is ñ militêre experience, almal in single file soos skape oppad slagpale toe. Alles gebeur soos klokslag en vir die eerste keer in jare onthou ek weer vir Juffrou van Eeden wat met haar wit mondhoeke in die skool gange “single file, SINGLE FILE” geskree het. ñ Full body search is ook nie daai lekker vat en voel soos wanneer *Harvey op ñ Vrydag aand oorslaap nie. “The screen shows something around your tummy area” sê die Border Control Konstabel, “It’s fat” antwoord ek erg geirriteerd. Ek moes 4min terug ñ $8 bottel Fiji still water in die drom gooi want oop bottels mag nie deur security checks gaan nie.

Amerika is ervaar in true Kardashian style. Private planes, house boats, yachts, private residences en van die mooiste en beste hotels. My itinerary was propvol; Southern hospitality in Louisiana, cowboys en hunting in Texas; palm trees en beaches in Florida en dobbel, drank en debauchery in Las Vegas!

Ons as Suid Afrikaners is met tye niks gewoont nie; ons bekke hang oop in die vreemde en ons neem foto’s van alles. So is ek geen uitsondering. Ek buk, lê en spring om die perfekte foto te neem soos ek daai een slag in Fotografie klas in Mosselbaai geleer het.

NOLA: New Orleans, Louisiana

Bourbon Street in die French Quarter is ñ overwhelming experience. Borde vol fried chicken en smoked meats, laat oggend straat parties en moerse groot Krismas bome. Dis fortune tellers, voodoo poppe, souvenir shops en marching bands wat op elke hoek en draai ñ jazz nommertjie uit blêr. Die atmosfeer is jollig en almal loop en drink uit oorgroot glasse. Hier en daar verskyn daar ñ sketchy ou oom met ñ pappegaai op sy skouer, of mysies met kaal tieties wat foto’s neem saam met toeriste. Dan is daar ek; die Suid Afrikaanse bergie wat se oopbek vlieë vang en fotos neem met sy stukkende Samsung smartphone.

So loop en bekyk ek alles. Beignet (french doughnut gedust met icing sugar) in die een hand en ñ Hand Granade Cocktail in die ander hand. Daai einste cocktail (en ek is gewaarsku menigde maal oor die Hand Granade) is ñ ander bliksem wat jou stil stil loop en dronk maak. So eindig ek op in ñ bar, iewers op ñ hoek. Na eindelose glasse bier begin ek chat met ñ bruin kop laaitie. Hy was darm oud genoeg dat ek nie gevoel het ek moet nog pap geld betaal nie. Ek weet nie of dit my aksent, my biceps of my platvloers Ingels was nie, maar bruin kop laaitie raak ñ #Takeaway.

Soos ons by my hotel kamer kom, ek het gebly in The Roosevelt, sê bruin kop laaitie “this is nice, you must be a rich Daddy”, en ek antwoord met so simpel vark snork laggie “Bless. No, I’m not rich, I’m just horny”.

Freer, Texas

Na my aand saam met bruin kop laaitie, hoog kopseer en bewerig nog na die groot straat kuier in Bourbon Street saam met hom; maak ek myself gemaklik in die private jet; reg vir my vlug Texas toe. Ek het nes geskrop op ñ Ranch. Die dae het bestaan uit jag, shopping doen in al die fêncy winkels (ek was op ñ exchange rate so die bergie het gewindow shop) en BBQ’s tot laat in die aand.

Op een so aand, begin ek gesels met *Clive. Aantreklike man, skat hom so middel 20’s; stokstywe jean aan, calve high cowboy bootse aan die voete en ñ hoed op die kop. Die mannetjie dans dat die stof waai en ons sluk een bourbon na die ander weg. Hulle sê brannas het nie brieke nie, maar Quintinn het nie einde nie…

So doen ek ñ impromptu sleepover by cowboy *Clive. Volgende oggend, na ñ onvergeetlike aand, wag ek net vir die regte time zone en video call dadelik vir *Hartsvriend om #MaandagStorieTyd te hê.

ñ cowboy? Hoe was dit?” vra *Hartsvriend toe ek met storie tyd begin. “uhm, jy weet as ons op die plaas loop braai en ons vat ons eie opvou camping chair saam; en as ons huis toe gaan dan moet ons daai camping chair weer opvou?. Wel, ek was daai camping chair” antwoord ek.

Fort Lauderdale, Florida

Terug op die private jet sit en wonder ek wat vir my wag in Florida. Die Yacht staan geanker tussen 100de ander, ek gooi my tas in my Yacht suite wat uitkyk op die see en kies koers dorp se kant toe vir aand ete. Die volgende paar dae word spandeer op die beach; SPF 50 word al 8am in die oggend dik gesmeer reg om soos ñ dassie in die son te lê en bak. Soos ek lê en bak in die son en teug aan my Pina Colada uit ñ oversized pineapple, getooi met klein sambreeltjies en ñ cherry; hoor jy live bands wat iewers in ñ restaurant op die beach strip speel. Uitgerus na die paar dae in Florida, spring ek op ñ vliegtuig gereed vir Las Vegas; 5 dae van dobbel, drank en debauchery.

Las Vegas, Nevada

Las Vegas is nie onse Lost City by Sun City nie. Die liggies en musiek maak mens dom en jy wil net voor ñ dobbel masjien loop staan en knoppies druk. Vegas is ñ ervaring wat nie disappoint nie; of jy dit nou luxury of budget doen, jy gaan die tyd van jou lewe hê. Ek’s ingebook by The Wynn. Die voor portaal is versier met ñ life size merry-go round en ñ lug ballon gemaak uit vars blomme en musiek speel orals tot in die toilets. Die Vegas Strip betower jou heeltemal, dis besmet met mense en almal loop en drink cocktail slush puppies. Daars showgirls wat stop om foto’s te neem, roltrappe wat oor die straat gaan; bars en nightclubs en so af en toe sien jy 2 plus sizes tannies met tutu’s aan en duck tape op die nipples, die selliluut lê dik op die bo bene soos die sitrus boorde in Addo.

Daar is letterlik iets vir almal om te doen, van shopping tot sundowner drinks in ñ skybar. Old school music shows of towenaar shows is volop en vir ñ rustiger opsie staan en bekyk ek die Bellagio Water Fountian Show. Ek maak ñ draai by die Vegas sign, en doen ñ onder dak zipline slide in Fremont Street.

Een van die aande, gedress in Armani en designer Steve Madden skoene loop kuier ek in my eerste gay nightclub. Ons het ñ VIP section en die Drag Queens dra champange aan wat sulke fireworks uit die bottle spoeg. Orals is daar gogo boys wat dans op light boxes met piepklein stukke lap wat net die skaamte toe maak. Hulle lywe is vol tattoo’s, Mamma sou vra of hulle met ñ nat koerant geslaan was.

Terug by die hotel, stap ek by die volgende club in. Nicky Romero DJ die een treffer na die ander. Mense dans in water, swing uit die dak uit, vuur spoeg so al om die minuut op die stage; en ek drink een cocktail na die ander. Dis ook die aand (daar was ander aande ook, maar die een staan uit vir my) wat nog ñ ETV Emmanuelle episode opgelewer het in die disabled toilet booth iewers by een van die casino’s.

Natuurlik word *Hartsvriend weer gevideo call; “disabled toilet booth? Maar hoe?” wil *Hartsvriend weet. “dis actually baie ruim om eerlik te wees; en ek en jy altwee weet ek kan ñ akrobaat vir die olimpiese spele wees as ek wil. Vergeet jy *Clive het my nou die aand letterlik soos n tuin stoel op gevou” sê ek terug.

So klim ek terug op my vlug, oor vol tasse en al my herrineringe van #Americas2017; terug na my land en my reality. Amerika het iets wakker gemaak in my besef ek. Na jare se denail besluit ek om my actual ouderdom te vier en die mid 30’s te embrace. Ek kyk terug op ñ fantastiese lewe vol lag, vreugde, blessings, hartseer en accomplishments. Maar saam al daai gevoelens is daar ook ñ nuwe onrustigheid; ñ onrustigheid wat vir my sê die wêreld is groot, daar’s nog baie om te sien. ñ Onrustigheid wat vir my sê ek is beter as om te stagneer en dat daar nog ñ ander career path is wat ek moet stap; maar my hele mens wees is gebou op die fondasie van loyalty en commitment.

Hoe los mens ñ lewe wat jy vir jare gebou het en begin oor? Die onrustigheid laat my twyfel in myself, en ek twyfel nooit in myself of my ability nie, dis een van my strengths wat my maak wie ek is.

So stap ek 2018 in en ek gaan antwoorde soek vir my vrae, ek gaan ophou twyfel; ek gaan my faith terug kry wat ek weet iewers wegkruip; en ek gaan my Prince Charming loop soek, al moet ek nog ñ 1000 paddas soen, want die is defnitief nie die laaste hoofstuk nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


Math Captcha
51 + = 55