Ons ontmoet daagliks mense. Sommige word vriende, ander bly kennisse en die meeste is net fly by vreemdelinge wat mens nooit weer aan dink nie. Elkeen van hulle het n storie, geraamtes in die kas en ñ pad wat hulle stap. Dis wat ons mens maak, glo ek. Ek het ook n storie, ñ storie wat laat in my lewe eers begin het.
Vir jare het ek net bestaan, ek het bestaan tussen opstaan en loop slaap. Ek was happy met die lewe wat ek gehad het, min wetende dat ek eers gaan begin leef die oomblik wat ek die grootste hartseer van my lewe gaan ervaar. ñ Hartseer wat my op n ontdekkingstog gaan sit van self ontdekking, liefde en werklik leef.
My ontdekkings reis begin in Maart 2016, maar dis nie tot einde 2016 waar ek regtig ñ punt gemaak het daarvan om die “nuwe ek” te explore nie. Die ontdekkingstog is ook grotendeels te danke aan *Hartsvriend, wat ek meer as eenmaal geskel het dat ek te oud is om onder groepsdruk geplaas te word om te explore.
Ironies was dit wat ek nodig gehad het, ñ vriend wat n nuwe spark in my oë raak gesien het en net die beste wou hê vir my. Ek’s dankbaar vir daai hupstoot, wie weet watter rigting my lewe sou in neem, mens is altyd een besluit weg van ñ heeltemal ander lewenspad.
“Anners” het baie betekenisse in verskillende situasies. In my vriende kring as ons praat oor “anners” is dit gewoontlik oor my. Dis ñ woord wat ek gebruik om my persoonlikheid mee uit te druk, my sê goedjies, soms my optrede, my kreatiwiteit en perfektionisme, my liefde vir mooi goed, soms my leefstyl en gewoontlik my gesigsuitdrukking maak my “anners”. Wel, en die feit dat ek van outjies hou…
Being gay is net n fraksie van die storie, maar dit speel tog die grootste rol in my ontdekkings reis waarop ek is, en ek hoor nou al die Wederkoms soos die gebeds groepies gestig word deur die ACVV tannies, “nog n moffie, ons bid hom reg”, en dis waar, in die Karoo bid ons vir ieder en elk reg, maar tannies “I like penis, it is what it is, deal with it”.
Dis mos frowned upon om “anners” te wees, gewoontlik in geselskap word die “anners” saggies gesê agter die handpalm sodat min as moontlik mense kan hoor.
Vir lank het ek dit ook saggies gesê as ek van myself gepraat het, asof ek skaam was/is vir die keuses wat ek gemaak het in my lewe.
Ek het vir myself gesê “why put a label on it?”. Vriende is verbied om die woord gay te gebruik, want ek hou nie van n label nie; nie in ñ kraag, ñ jean of n donnerse onderbroek nie. Nou hoekom wil ons dan ñ label op n mens loop plak?.
ñ Handjie vol mense het saam gejoke oor ek wat nou “anners” is, tot een aand wat die joke ñ reality geraak het en ek wakker word die volgende oggend langs *Mielie. ñ Oulike mannetjie so 3 of 4 game reserves weg, see se kant toe, van waar ek werk.
Dit was die aand waar die ontdekkingstog werklik begin het.
Ek onthou elke emosie, gevoel en oomblik. Hoe casual ek was toe hy saam my huis toe is, my racing hartklop en so bietjie van n ongemaklikheid toe ons by die huis stop. Al wat deur my kop gegaan het was “shit, there’s no turning back now”. Na nog ñ paar hook-ups met *Mielie, en soos ek gemaklik begin raak het met die idee dat ek nou actually into outjies is, besluit ek, ek moet dalk die familie vertel.
Ons “community” is mos all about acceptance (en equal rights).
My vriende stap die pad saam my van die eerste dag af en dit het net tussen ons gebly, maar die was n groot ding vir my gewees. My familie is van nature verskriklik in mekaar se besigheid en ek wou nie iets so groot weg hou van hulle nie.
Maak n meisie pregnant, ja steek dit weg tot jy nie meer kan nie, maar gay wees, in ñ old school Afrikaanse plattelandse familie, dit steek mens nie weg nie. Ek is lief vir my Instagram selfies, photos post en ek hashtag ñ ding laf. Daar gaan n tyd kom wat ek wil foto’s post saam die persoon wat ek involved mee is, en mens kan ook net soveel keer die woorde “dis net my vriend” gebruik voor die wenkbroue gelig word en jy die grootste topic van discussion is onder die plaasvroue by die koffie shop na n yoga klas.
So kuier ek by die huis en besluit nou vertel ek die familie. Ma en Pa eerste. Mamma slaan dadelik oor in haar Dr Phil en Oprah stem met ñ 100 vrae. Pappa gee net een groot sug en daar is hy doof stom, reguit kamer toe vir twee dae, al wat jy hoor soos hy kamer to dwaal is “wat gaan die dorp sê?”
Volgende is Broer en Suster, ek reel dat ons almal sommer by Sus se huis bymekaar kom vir koffie na almal gewerk het. *Betty kom saam, sy’s my beste pel en ek het haar vroeg die oggend al vertel.
Soos ek praat smile Sus breed en skud haar kop (obviously was die nuus net to much vir Mamma so sy het klaar vir Sus gebel), Sus se man kan jy sien hoor wat ek sê maar dit registreer glad nie. Broer giggel net en die oomblik moes seker ook net te groot gewees het want hy verander dadelik die subject en praat oor homself (hy doen dit gewoontlik in ongemaklike situasies). Sus se man registreer nogsteeds nie, tot die punt wat sy skree “HY. VRY. MET. MANS.” Sus se man registreer nou.
Ek is n baie privaat mens en het n handvol close vriende, so begin ek elk van hulle vertel. Elkeen hanteer dit op sy eie manier. Hulle reaksie min of meer dieselfde; ek kies gewoontlik die onmoontlikste tye om die nuus te breuk, hulle staar die verte in en so nou en dan hoor jy n sug wat gepaart gaan met n sagte “gay?” en die kop skud stadig van links na regs, dan staar hulle verder die verte in. Vir baie van my vriende, die wat die ware ek ken, was dit n bitter pil om te sluk. Ek is jare voor my storie begin het, gediagnoseer met Bipolar I, meeste vriende (familie insluitend) het maar aanvaar ek het weer een van my episodes en dit sal oor waai.
So glo die familie dis n fase en ek gaan regkom, die familie praat tot vandag toe nie oor dit nie, ek wat “anners” is, nie ek wat Bipolar is nie.
Dit het my lank gevat om die “anners” te verander in gay. Nou gebruik ek die woord, behalwe voor een pel, ons praat van “outjies”. Ek maak dit nie n geheim nie, maar ek parade ook nou nie die hoof straat af met angel wings en die reënboog vlag nie.
Die is nie n “coming out” storie nie, die is waar my storie begin.
Dit is ek, en ek is “anners”, actually nee. Dit is ek, en ek is gay.
*Skuilname
.
