Hoofstuk 5: Keeping Up With The Gay Next Door
So gaan die dae verby, meeste van die gewig het ek nou al verloor. Ek is nog ver van ñ YouTube “before and after” video, maar die arms is groot, boudjies is stok styf en die bene lyk of ek Boeings die lug in skop.

Ek’s eintlik ñ baie privaat persoon. ñ Handjie vol mense ken my besigheid en as ñ reël verkies ek my eie company. Dis gewoontlik waar ek myself kan wees en nie nodig het om die over the top Quintinn te wees wat almal ken nie. Ek het begin skryf want dit help deur al die emosies en verandering werk waardeer ek gaan op die oomblik. Soortvan ñ catch up vir myself. Dalk is daar ook iemand daar buite wat kan identifiseer met my stories en experiences, nie noodwendig dieselfde situasies nie, maar wat dieper lees en kan relate met hulle eie issues.

Soveel het verander vandat ek die ontdekkings reis begin het. Ou vriende het kennisse geraak, nuwe vriende het diep spore in my hart kom trap. Ek as persoon het gegroei, nie net liggaamlik nie maar ook emosioneel. Ek het ñ nuwe confidence ontwikkel wat nooit voorheen daar was nie, ek is nie meer daai vet Quintinn wat voor die fan in die huis weg kruip nie. So gaan die dae verby, meeste van die gewig het ek nou al verloor. Ek is nog ver van ñ YouTube “before and after” video, maar die arms is groot, boudjies is stok styf en die bene lyk of ek Boeings die lug in skop.

Dis net die maag, ek sukkel met die maag. Gewig verloor is lekker, mens voel sommer gesonder en lyk beter, maar ek het nooit gedink aan die struggle van “upkeep” nie. Niemand preek ooit oor wat gebeur na jy die gewig verloor nie.

Ek stap net verby die brood rak in PnP dan voel ek hoe ek alklaar swel. Twee dae terug gee ek sulke sagte plesier hyg gilletjies toe ek sien mens kry ñ six pack buns verniet saam n loaf brood! Ek vermy die bakery afdeling in enige winkel. My wilskrag is net te min as ek ñ doughnut of room koek met 100’s & 1000’s sien. Ek stap reguit vars vrugte afdeling toe, gryp my pak piesings, 2 pynapples en ñ houer overprized strawberries. By die groente afdeling, soos ek die pak slaai blare soek op die rak, begin ek die brood hoor skree vir my. Uit pure angs gryp ek ñ cauliflower, vergeet skoon van die slaai blare, en power walk reguit till toe. Uit asem gee ek die PnP Smartshopper vir die dametjie. “Hiabo Umlungu, why so out of breath?”, vra die kasier. “it’s the bread, it roeps me, I can’t eet it”. Die kasier gee my een kyk met raised eyebrows en al wat ek dink is "dis n groot voorkop om my nou so te judge". Ek’s so benoud dat ek nie eers properse Engels kan praat nie, te bang ek gee in en het een morsige orgy met die wit brood, doughnuts en ñ room koek.

Dis nog baie moeilik vir my om streng op my dieët te bly, veral as ek eventually ñ Karoo draai maak huis toe. Dis koffie shops, die Hotel, vinnige socials, bottels vol Champagne, oggend, middag en aand. Een versoeking op die ander en in die Karoo sê mens nooit “Nee” vir ñ vinnige social nie, dis frowned upon. Dis die onbeplande gesellighede wat die lekkerste memories en die mooiste Kodak moments gee, en ek is mos al te lief om daai selfoon uit te ruk, ñ prentjie te neem en ñ Instagram post te maak.

Broer herrinner my gereeld dat ek al in die jare is en ek kan nie meer ñ 20-something leefstyl hê nie. Ek stry “Mens is net so jonk soos jy voel”. Gewoontlik antwoord hy “Oppas net vir mutton dressed as lamb”. My woorde is iets wat iemand sê wat in Egypt vakansie hou langs #DieNile. Vir lank het ek ook geswem in #DieNile. Ek kan nie meer elke naweek saam die 20-somethings tot vyf uur in die oggend karjakker nie, dit vat my drie dae nou om te herstel van ñ babelas.

Die jaar, in die maand van Boney M, kleurvolle tinsel en die gees van gee, raak ek 35, maar vir die laaste vyf jaar vier ek nog elke jaar my “29th”. Ek weier om ouer te raak. Ek glo vas Binnelandse Sake het ñ fout gemaak op my geboorte sertifikaat en Facebook is in op die age conspiracy against me (net soos Huisgenoot, lieg Facebook nooit). Vriende lieg saam met my oor die ouderdom met die exception van Broer wat te greeting my herrinner dat ek al oor die muur is.

Die probleem met vir vyf jaar lank jou “29th” vier is, jou gesig lieg nie. Lezzbehonest, ek is van die almanak af so dit verg baie om jonk of altans jonger te lyk. Die gewigsverlies het in ñ mate baie gehelp om die jare af te skud, maar jare se bad decisions, eindelose hoeveelhede brannas & coke, pakkies vol Peter Stuyvesant (Pall Mall rooi in die middle van die maand) en die occasional son, as ek braaf genoeg was om dit te trotseer, het sy tol gevat op die gesig en die “lag plooie” lê diep soos erosie slote langs die wange en op die voorkop.

The morning after” na ñ hookup op ñ Vrydag aand is altyd die probleem. Babalas en ek is nie vriende nie en hy wys gewoontlik my ware ouderdom. Ek is ook nie geseën met die #WokeUpLikeThis gesig nie. Ons almal het nie die Kardashian gene of plastic surgeons nie.

Ek staan vroeg op, loop stort in die gaste badkamer, smeer my gesig dik met die Nivia anti-aging cream, gee my hare so “out of bed” look met die wax, borsel my tande en rond alles af met so vinnig spuit van die Hugo Boss. Versigtig klim ek terug in die bed en ek lê stokstyf, so as Hookup omdraai dan het ek daai #WokeUpLikeThis gesig. Realiteit is ek kan nie meer deal met dit nie, gun mens op my ouderdom het die krag om dou voor dag op te staan om homself jonk te laat lyk nie, daar moet eenvoudig ñ makliker manier wees.

Al oplossing is, ek gaan my gesig plat stryk. Die plooie gaan propvol Dermafillers en Botox gespuit word, en as dit nou beteken ek gaan nie langs ñ braaivleis vuur kan staan nie want die gesig gaan smelt, so be it, maar ek gaan nou The Face of Tupperware word. Ek hoor hoe word daar nou geskinder agter die hand palms “love yourself, embrace your age, dis net aandag soek”. Nee, dit is net die #Haters wat so praat terwyl hulle in hulle kringetjies sit en mekaar nat spoeg met hulle judgements. Ek kan myself lief hê en my age embrace met n plat gestrykte gesig.

Die laaste maand was / is ek baie low key, ek is op ñ extended sabbatical van mans en drank. My en *Harvey se weekend thing het soortvan ge-eindig. Om eerlik te wees, hy is net te jonk. Jy kan nog die chalk en skoolbank ruik aan hom. Ñ Wille nag uit in die dorp is verruil vir social kickbacks om ñ braaivleis vuur en movies op die plaas met koppies vol toasted marshmellow cappaccino’s.

Ek is seker die sabbatical gaan nie lank hou nie, maar vir nou is dit lekker om net n couch potato te wees en quality time saam vriende te geniet. Soos ek op die rand van my ware ouderdom staan, besef ek, ek dra nie meer die las van wat ander mense gaan sê of dink van my nie. Ons kry een kans om te lewe, die enigste ding waaroor ek wel spyt is, is dat dit my solank gevat het om op die ontdekkings reis te gaan, maar ek glo daar is ñ rede vir alles in die lewe.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


Math Captcha
40 + = 46