Hoofstuk 3: The Mirror Has Two Faces
Die oggend na die groot slaap van die vorige aand, is ek toevalig eerste wakker en ek het uitgerus gevoel na die lang slaap. Ek het loop stort, mens moes deur die kombuis stap na die badkamer, wat baie meer modern was as die res van die huis, seker maar ñ later addition gewees.

Daar is twee goed in die lewe wat ek by sweer, huil en slaap; jy huil daai lelike hartstogtelike ruk, snotneus huil tot jy water nodig het om te hydrate en jy slaap tot jou gesig so gekreukel is dat jy n draai by Dr 90210 moet gaan maak om daai gevreet weer plat te stryk. Huil en slaap maak alles reg, wel dit maak dinge beter, en koffie, koppies en koppies vol koffie.

Een Saterdag, ñ hele paar jaar terug, was ek by n fees. Dis die jaar toe Bobby van Jaarsveld treffer na treffer gehad het en die hele Suid Afrika het Spieeltjie soos n Eisteddfod gedig geken. Nadine het ook die skare bekoor en terwyl haar stem oor die speakers “…maak jy jou oë toe as ons soen…” blêr, vat die witbos kraai my ook op ñ spiritual Kaapse Draai. Dis ook die jaar wat ek vir die eerste keer begin twyfel het.

Ek twyfel in alles; myself, my geloof en kerk, my kreatiwiteit, die rede hoekom ek is waar ek is en my sexualiteit.

Die fees was jollig, DJ Arendt het number na number in die bier tent gespeel en ons het gedans tot ons bene drillerig was, maar ek het met n groot hartseer binne my gesit. Vir hoe lank die hartseer al broei binne my weet ek nie. So tussen die hartseer en die dans onthou ek ñ skelm glimlag toe ñ random couple verby die bier tent loop en een moerse domestic op die grasperk het. So is die fees verby en ons pak huis toe, ñ hartseer wat dieper broei en tranne wat al vlakker sit. Die Sondag huil ek uncontrollably, alleen, by myself.

Ek huil in my kamer, op die stoep, in die TV kamer en as ek iemand hoor aankom, loop huil ek in die badkamer. Ek skryf dit af aan moeg wees, ek en Broer het ñ restaurant gehad op daai stadium en ons het net herstel na n terrible brand wat die restaurant gehad het die vorige Desember. Ek en Broer het saam gebly in ñ oulike upstairs huis in ñ lang pad wat ñ draai gemaak het. Dit was ñ ou huis met hoë ceilings, hout vloere en ñ vrot balkon. Mens het met ñ moerse lang staircase die landing van die upstairs deel van die huis bereik.

My kamer was gang af gewees, ñ groot kamer, die bed se voete het na die ingeboude kaste gekyk en ek het vensters bo my kop gehad. Broer was altyd eerste op, hy’s mos glad nie ñ laat slaper nie, was nog nooit nie. Die oggend na die groot slaap van die vorige aand, is ek toevalig eerste wakker en ek het uitgerus gevoel. Ek het loop stort, mens moes deur die kombuis stap na die badkamer, wat baie meer modern was as die res van die huis, seker maar ñ later addition gewees.

Terug in my kamer sit ek op my bed en ek onthou die diepste hartseer wat oor my kom, ñ hartseer wat so swart en swaar is dat ek geen beweging kon maak nie. Dit is toe wat dit gebeur...

Die tannie met die swart hare en die wit rok klim uit die kas uit (“how ironic” dink ek jare later), en sy staan voor my, gesigloos, en sê “loop sing in die kombuis, sing Siembamba mamma se kindjie, draai MY nek om, gooi MY in die sloot, trap op MY kop, dan is EK dood”. Die hartseer binne my laat my huil, ek stap gang af, en die tannie sê “jy’s amper daar, nog net ñ entjie”. Halfpad by die lang staircase af, draai ek om en kyk terug, die tannie staan op die boonste trap. Ek hoor myself sê “ek wil nie” en die tannie antwoord “jy moet, jy gaan beter voel”.

Intussen moes Broer opgestaan het, iewers tussen die diep hartseer en die tannie wat uit die kas geklim het, want ek hoor die stort water toe ek in die kombuis kom. Ek maak die badkamer deur oop en roep vir Broer. Hy kyk om die stort muur na my, sy gesig en hare vol Pantene shampoo borrels, en hy raak spierwit, daai spierwit wat jy raak as jou lewe verby jou flits en sy oë is stokstyf in sy kop. Baie kalm sê hy vir my “loop sit op die bank, ek is nou daar”.

Die tannie het intussen verdwyn, ek weet nie wat van haar geword het nie, dis net die hartseer, dit wil nie weg gaan nie. Ek onthou nie veel verder nie, ek het op n stadium wakker geword en Dokter was langs my, ek het die skakerings van pers onthou as Sus se kamer. “die tannie, sy wil hê ek moet sing” antwoord ek toe Dokter vra. Dit raak donker en ek onthou niks, en ek slaap. Ek het op n stadium wakker geskrik en gang af gedwaal waar Sus gestaan het. Ek het onophoudelik in haar arms gehuil en saggies gesnuk “ek is nie mal nie, hulle gaan daai wit jas vir my aantrek”.

My ma is ñ sterk vrou, ñ vrou wat alles gelos het om saam haar kind in afsondering te bly, want die diagnosering van na n *malhuis gestuur te word, was te veel vir hom. Ek het vas geglo ek gaan in ñ wit baadjie vas gemaak word en elke dag decoupage en macaroni hangertjies maak om my gevoelens uit te beeld. ñ Ma wat in die stilte en alleen in mekaar sak en huil sodat haar seun nie haar hartseer kan sien nie, ñ ma wat konstant kom kyk het of ek oriaat was, as ek slaap, want selfmoord en self-harm was ñ werklikheid.

ñ Ma wat my terug in die huis in gevat het na die afsondering om na my te kyk en beter te maak, want die Tannie met die swart hare en wit rok het nooit gebel voor sy kom kuier het nie. So sit ek dag in en dag uit by Mamma se huis. Op een so dag, skyn die son en ek loop sit op die grasperk. Mamma het ñ pragtige tuin gehad met die groenste gras en die mooiste fyn blommetjies. Soos ek in die son bak soos ñ dassie begin die pers petunia met my praat. Ek gesels terug en lag, pers petunia en ek gesels soos ou vriende wat mekaar toevallig weer raak geloop het iewers oor n Desember vakansie. Mamma het op ñ stadium mid-conversation aangestap gekom en vra “my kind, wat maak jy?”, “Ek praat met die petunia” antwoord ek en daar sien ek vir die eerste keer die hartseer in Mamma, “ai my kind, kom gesels eerder met my”.

Die telefoon lui en dis Ouma op die foon, ek en Mamma is oppad om ñ entjie te gaan ry. Mamma maak small talk met Ouma en al wat ek hoor is “Ma die fokken kind is mal, hy gaan my nie seer maak nie”. En ek besef die pad wat Mamma stap saam met my, ñ pad wat sy nie voor gevra het om te stap nie, ñ pad wat sy aan niemand verduidelik nie want ek is nou haar enigste prioriteit. Ons het saam geleer wat “mal” is.

Mamma se strength wat sy uitgestraal het voor my elke dag is een van die groot redes dat ek beter begin raak het en stadig weer “normaal” begin optree het. Ek was vir jare op pille, ñ handvol soos n ou oom, ek drink dit oggend, middag en aand. Dag na dag, week na week en jaar na jaar. Dit het soos ñ ewigheid gevoel voor ek “reg” was in ñ mate, met die verskil dat ek geen emosie gewys het nie. Dis die pille, dit maak mens so, mens voel of jy net sweef. Tyd gaan verby en jy is net mens, geen gevoel, geen lus, geen gesigs uitdrukking. Dit het maande gevat om myself te leer hoe om die ou ek te wees weer, die ek wat sonder die pille kan voortbestaan.

Saam met familie en vriende wat geduldig was, wat elk op hulle eie manier verstaan het, het ek weer begin lag. Ek lag nou sonder daai hand vol pille. Ek leef nogsteeds saam ñ hartseer wat geen mens kan verduidelik nie. Ek het met die jare geleer hoe om my emosies en gevoel te lees en nie toe te laat dat die hartseer op kruip nie. Soms verg dit meer energie as wat ek het en ek wonder of die pille nie dalk tog die makliker uitweg is nie. Die Tannie met die swart hare en die wit rok kom kuier nie meer vir my nie, ek voel goed, ek lag weer en dinge kan net beter raak van hier af, maar die hartseer is ñ “anners” gemors, ñ gemors wat jou onkant betrap wanneer jy dit die minste verwag.

ñ Hartseer wat besluit het om weer te kom kuier iewers in Maart 2016 op ñ Sondag middag. Die Karoo was nog altyd my anker, my ribbok op ñ rots. Dis waar ek stilte vir my siel kry. Ek dink dis die mense, ons Karoo mense dink anders, sien die lewe anders, ons is gemeenskap gebonde. Die Karoo is my huis.

Ek gaan amper nooit meer terug Karoo toe nie; hoekom nie?

Want ek het ñ huis daar wat ek betaal, maar dis nie myne nie; Ek is lief vir ñ dorp, maar ek kan nie myself wees nie, want wat gaan die mense sê; Ek het n peetkind wat groot word daar, maar ek sien haar nooit nie; My familie is daar, maar hulle ken my nie, ons leef verby mekaar soos vreemdelinge en het net facebook en whattsapp wat ons ophoogte hou; Want eks aaklig vet, voel minderwaardig en het lus vir niks in die lewe nie;

Netso op daai Sondag middag iewers in Maart 2016, besef ek dis die hartseer, dis die hartseer wat weer broei en nes maak. Dis die hartseer wat my vasdruk en ek gil, maar niemand hoor my nie, want die hartseer oordonder elke gevoel en emosie. Met die laaste bietjie wilskrag wat ek oor het voor die hartseer weer volle beheer neem, onthou ek:

Jy’t ñ huis in die Karoo wat jy betaal om eendag in af te tree, ñ huis wat joune is al bly jy nie daar nie; Jy’t ñ dorp lief wat op die onmoontlikste tye saam staan as ñ gemeenskap, ñ dorp wat nog net goed was vir jou, ñ dorp wat jou gaan embrace met ope arms en baie liefde; Jy’t ñ peetkind wat wag vir jou, wat se gesig op helder die oomblik as sy jou sien, ñ peetkind wat die styfste drukkies gee en mens dadelik van al die kwaad in die lewe laat vergeet; Jy’t ñ familie wat jou deur soveel bystaan, jou dra deur elke slegte oomlik, ñ Ma en Pa wat breë bors pronk van trots met elke goal wat jy bereik, ñ Ma wat random hartjie emoji’s whattsapp, want sy mis haar seun; Jy’t die support van almal om jou om die gewig te verloor, jy moet net respond op daai Facebook ad.

En met elke gedagte druk ek die hartseer weg, en so begin ek huil, ek huil tot die hartseer total weg is en ek besef dit was trane van happiness, trane van gratitude, trane van oorwinning en ek voel hoe die warmte begin op kruip en hoe meer ek huil hoe warmer raak dit binne my. My manier van besef ek is besig om weer beheer te neem oor die hartseer.

Diep agter in my kop, daar waar die hartseer vêr gebere is nou, weet ek dat eendag gaan die wilskrag nie sterk genoeg wees nie en daar gaan nie genoeg warmte wees om die hartseer weg te hou nie, maar vir nou is ek OK met dit, want ek weet daar gaan ñ dorp, ñ peetkind, familie en vriende wees wat my gaan optel en saam gaan ons weer die warmte terug kry.

*malhuis: As ñ reël gebruik ek nie die woord inrigting/malhuis nie, ek praat van “spa” toe gaan, dis sagter op die oor en “spa” toe gaan klink meer healing en dat jy terug gaan kom huis toe.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


Math Captcha
45 − = 44