Hoofstuk 2: Die Chronicles Van n Chunky Boer Seun
n Journey wat begin het oor n break up, het toe verander in n lifestyle change vir myself.

Ek was dik, en nie daai oulike “dis net baba vet rolletjies” dik nie, ek het gewaggel soos n oorlamse pikkewyn wat loop vrou soek, maar ek was happy. Wel so het ek myself oortuig elke dag. Kos was my baas en ñ 2lt Twizza was my nagmaal wyn. Ek is nog nooit iemand wat omgee wat ander mense van my dink nie, my witty persoonlikheid en humor het opgemaak vir die 150kg wat ek saam my dra.

Ek het die winter maande embrace, want ek kon klere layer en het die somer vermy soos een van die 10 plaeë. Die strand sien my in ñ lang broek en die een (geskeurde) knoppies hemp wat ek besit het en n dubble layer SPF 50. Dit lyk kompleet of ek nou net n contouring video op YouTube gevolg het en die bliksemse video het bly buffer en ek het net op gegee. My haat vir die son en somer laat my altyd aan Brolloks en Bittergal dink, as ek reg kan onthou het een van hulle in n grot gebly en die ander een kon nie in die son kom nie anders val daar n oor of n neus of een of ander liggaams deel af.

So kruip ek in my huis weg, onder n kombers of voor ñ fan. Ek sien net dag lig om te loop werk of as ek dorp toe jaag op ñ Woensdag vir die R99 Romans Pizza special. Ek bestel altyd twee Meaty Treats, die dametjie agter die toonbank reageer gewoontlik “Sir, that’s a lot of meat” terwyl sy dit sê trek haar oë so snaaks dat elke eyebrow sy eie timeline of events op Facebook kan begin, waarop ek gewoontlik antwoord “meat on meat is so much better”.

ñ Vinnige flashback terug na iewers in Maart 2016, die dag wat die ontdekkingstog eintlik begin het. Vir jare was ek verlief op *Susan, ñ Nicolas Sparks novel in die regte lewe, net sonder die happy ending. Ek het soortvan my brug gebou met die hartseer van die final break up met *Susan ñ paar maande te vore. Ek was op my swaarste en ek het aaklig gevoel, ek het die fout by myself gesoek en met elke herrinering het ek al hoe meer minderwaardig en nutteloos gevoel, ek was lewensmoeg en op die punt van “spa” (code vir tyd spandeer by n inrigting) toe gaan.

Die oortuiging van ek is happy het verdwyn en ek het myself verder met kos en Twizza vol geprop, want ek’s van aard ñ emosional eater. Een sondag middag, soos ek weg kruip in my huis voor die fan, sien ek ñ ad op Facebook wat ñ pel post oor n 12-week fatloss challenge, kompleet met n foto van n before and after eertydse vettie. “Foeitog, hy lyk nie happy op die before foto nie” dink ek by myself. En net daar sien ek myself in die foto en ek besef so kan dinge nie meer aangaan nie, ek wil ook n after foto hê waar ek van oor tot oor smile. Dadelik is ek in kontak met my pel, dis een moerse bedrag wat ek betaal en die #Haters sê “dink mooi, dis ñ lifestyle change, dis baie geld om net volgende week op te hou en dit klink so rapsie na n pyramid scheme”.

Ek was determined om almal verkeerd te bewys. Ek gaan beheer neem oor my lewe weer en *Susan gaan terug kom na my.

Ek volg n reduced calorie dieët en drink so poeiertjie twee keer ñ dag. My vriende dra my deur die hele experience; hulle boost my op ñ Maandag oggend as ek moet meet en tik my oor die vingers as hulle my vang skelm ñ pak Dorito’s verslind. Na 12 weke het ek die lengte van ñ normale man in sentimeters verloor en die gewig van n kleuterskool kind. Ek het die challenge weer 2 keer gedoen met n maand breuk tussen in en dit bring ons iewers einde van 2016 waar ek my aand van passie met *Mielie gehad het.

Ewe skielik was daar ñ confidence wat ek nog nooit voorheen gehad het nie, ek het goed gelyk en van nature beter begin aantrek, die dae van window shop en droom is verby en ek kon actually nou mooi klere koop. Ek het aandag begin kry van meisies en ouens as ons uitgaan oor ñ naweek, iets wat ek nie gewoont aan was nie.

Klere koop vir Vet Quintinn was regtig ñ struggle gewees, ek het klere winkels vermy en eerder reguit Milky Lane toe gestap vir ñ waffle met roomys. Ek het gesien hoe die mannequins in die winkel vensters toi toi as ek nader stap “NO FATTIES”. Zara se mannequins is die ergste, hulle hande is altyd voor hulle oë, want hulle wil nie sien hoe ons vetties dag droom oor die skinny jeans en funky wife beater wat gelayer is met n slim fit cameo jacket nie. As ek wel iets moes loop koop, stap ek daai vinnige draf stappie, ek’t ñ sweet lippie nog voor ek Walmer Park Shopping Centre se entrance doors bereik het, maar ek’s op ñ mission. Reguit Queen’s Park toe, en soos ek loop, sweet die poepol van benoudgeit met die hoop dat ek genoeg calories verbrand het tot by die winkel sodat ek tog wel in daai 4XL knopies hemp gaan pas.

Iewers in Januarie 2017 sit ons in *Hartsvriend se kantoor en ek maak n grap “Dalk moet ek begin gym om van die pap maag ontslae te raak”. Ek het op skool laas enige vorm van oefening gedoen en net die idee het my klaar vieslike milt steek gegee. My pel vertel my van ñ vriend in die dorp wat ñ gym het. Die hele vriendekring op daai stadium is heel impress met my, so ek entertain hulle maar en bel die gym. Die volgende dag gaan ek om “aantesluit”. Ek dog, jong gee dit nou maar ñ try ek kan mos altyd ophou as dit nie vir my is nie.

ñ Jong, aantreklik laaitie met groot arms, n piepklein middle en stokstywe boudjies wys my rond. Bloot toevallig raak iets oproerig binne my en ek besef ek het ñ “type” waarin ek belangstel. Ons besluit op ñ personal trainer, 5 dae ñ week, en my lewe verander die volgende oggend. Ek begin met n transformasie, nie net liggaamlik nie maar ook mentally en emosionally. Opstaan elke oggend vir n 5am gym sesh was maar moeilik in die begin. Daar’s oggende wat ek tot die Here gebid het dat jy my eenvoudig net moes kom haal, maar ek het determination gehad en reslutate het begin wys. Hoe meer komplimente ek begin kry het, hoe groter het my lus vir die lewe geraak.

Ses maande later, na baie motiveering en eindelose boosting, het die eens chunky Boer seun ook nou groterige arms, semi stywe boudjies en bitter mooi bene, dis net daai piepklein middle wat nou nog n droom is. Die mannequins se hande is nie meer voor hulle oë as ek verby stap nie en dit lyk of hulle ñ inviting smile vir my gee. Ek het die after foto smile as ek my skinny jeans en slim fit shirts loop koop en net soms, as ek my nie misgus nie, hoor ek hoe Zarra se mannequins fluit as ek verby stap.

ñ Journey wat begin het oor n break up het toe verander in n lifestyle change vir myself, nou doen ek dit omdat ek wil en nie omdat ek voel ek moet verander om iemand anders gelukkig te maak nie. My mindset is reg, ek gaan altyd n love/hate relationship met kos hê. Daar’s nog dae wat ek net eenvoudig sê “ag fokkit” en dan vergryp ek my weer aan n Meaty Treat. Ek het nog ñ ver pad wat ek met die body transformation journey moet stap, maar ek doen dit dag vir dag, met realistiese goals en ek stap die pad saam met vriende en familie wat die nuwe sparkle in my oë sien asook die happiness en die confidence wat ek uitstraal nou.

*Skuilname

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


Math Captcha
3 + 5 =