Hoofstuk 12: Die Beautiful World van Quintinn Van Rensburg
Eks nie blind vir my eie foute nie, nog minder is ek ñ maklike persoon. My ambisie, perfektionisme, commitment en loyalty mag dalk soos positiewe klink maar huidiglik voel dit vir my soos my downfall.

Dit het my ñ lang tyd gevat om te verstaan dat nie alles in die lewe bedoel is om ñ mooi Hoofstuk in jou lewe te wees nie. Nie elke persoon wat ons ñ konneksie mee ervaar, en wat deel word van ons lewe, het plek om ñ huis in ons hart te bou en ñ vir altyd te wees nie. Soms kom mense in ons lewe om ons te leër hoe om lief te hê en ander kere hoe om nie te settle vir wat jy dink jy verdien nie. Dan is daar daai mense wat jou leër om nie jouself klein te maak en jouself te verloor nie.

People leave, en dis OK. Wat saak maak, is die lesse wat hulle agter laat…

Jy lyk rustig en kalm. Dis die eerste keer wat ek jou so sien. Jou mind is at ease nè, jy het jou besluit gemaak?” sê my pel vir my terwyl ons stadig aan ñ koppie boeretroos teug, diep in lockdown 2020. Die whattsapp boodskap van die werk met die retrenchment brief lê nog vars in my agterkop. Ek smile en met die grootste kalmte sit ek my koppie neer en antwoord: “Vriendin, die laaste paar jaar het ek my legacy begin skryf, ek het nou die kans om my storie te vertel. Ek wil onthou word vir die impak wat ek gemaak het, en nie vir ñ ander man se vrou se panties wat ek gewas het nie”.

Dis ñ Saterdag oggend, einde Mei 2023, presies 3 jaar na daai koffie date. Die laaste somer son skyn helder en warm oor Graaff Reinet en die dorp is getooi met skakerings van oranje en groen soos een van Ouma se lappies komberse, wat al die jare aan die onder punt van die bed gehang het. Die bome glinster met die oggend dou op die blare en die geraas van ñ generator blêr van vêr in my ore. Herfs was nog altyd een van die mooiste tye in Graaff Reinet vir my. Strate vol immergroen bome en hier en daar ñ boom getooi in sagte goud-bruin skakerings wat aanwys dat somer verby is en elke sagte ligstraal wat weerkaats, die eerste teken is dat die koue Karoo winter so te sê op ons voorstoep is.

So staan ek ook op die voorstoep van SCHOONHUID en smile breed met trots, soos ek die winkel bekyk, dis mal om te dink dat 4 jaar terug (16 October 2020 om presies te wees) het ek SCHOONHUID online gelaunch en 8 maande later toe maak ek my eerste brick en morter winkel oop. Ek wonder waar sou ek wees as ek nie die retrenchment gevat het in Mei 2020 nie. My lewe was so anders op die plaas, dis waar my ontdekkingstog begin het, waar ek my eerste 60kg verloor het en waar ek vir *Harvey ontmoet het.

Covid was ñ blessing in disguise vir my. Ek was na Hoofstuk 11 se December vakansie, met die terug kom op die plaas, gereed om groener wei velde te soek, maar my commitment en loyalty teen oor die familie, vir wie ek gewerk het, was net groter as my needs op daai stadium. Toe gebeur Covid en ek het ñ guilt free loophole gevind vir my commitment en loyalty.

Die voeltjie fluit weer op my foon, twee weke na ek die retrenchment gevat het, en ek sien ñ whattsapp boodskap: “I always knew you were never meant to be a forever with our family, your star was just shining way to bright”. En so kom daai Hoofstuk tot ñ einde vir my. Ek gaan die familie ontsettend baie mis en vir altyd diep in my hart dra, so ook die plaas en al die mense, herinneringe en vriende wat ek agter gelaat het, behalwe die een Doos! in management. Ja, JY weet wie JY is.

Gepraat van die Doos! in management, ñ hele ruk voor Covid sit ons in ñ meeting vir ñ nuwe projek. My visie is nog altyd groter as die boksie wat mens ingeplaas word deur mense wat in beheer is. Dit is einste my groot visie oor die projek wat die Doos! toe vir my sê: “Q, you dream way to big, you need to be realistic

Daai woorde raak toe die katalisator om SCHOONHUID te begin, ñ soortvan “Fuck you, I’ll show you dreaming big and being realistic, doing it all with my own money”.

Die geluid van geld wat val, kletter oor my foon, en ek weet dis ñ online order wat deur kom. Ek besluit om eers klaar te maak met die seep voor ek my aandag aan die dag se Shopify orders rig. My oog vang ñ naam so 7 orders in, en my lyf hardloop koud, van kop tot toon, en my hart begin dadelik klop. “Nee, dit kan nie wees nie, dis net bloot toevallig” dink ek by myself. Terselfde tyd kom daar ñ Instagram boodskap deur en die naam op my foon is dieselfde as die order op Shopify.

I’ve ordered the soap gift box, please make sure my soap is one of them” lees die Instagram boodskap. Ek lees die boodskap seker 200 keer oor, ek het ophou tel iewers tussen my onder lip wat begin bewe het en my oë wat ñ opvang dam begin raak het. Ek sug hardop. Meer as twee jaar speel weer voor my af en tussen deur die onophoudelike ruk huil oorval elke gevoel, emosie, memory en hartseer my. Dit voel soos eeue wat ek *Harvey laas gesien het en ek klou nog elke dag styf vas aan al die herrineringe, te bang dit verbleik en ek vergeet, maar ek weet dit is geensins moontlik om te vergeet nie.

ñ Baie groot deel van SCHOONHUID is ontwikkel rondom ons storie. My laaste big gesture of love. Insane, ek weet, vir ñ man wat nie ñ aand se slaap verloor het oor my nie.

*Harvey het die grootste en belangrikste rol gespeel in my journey. Hy’t my geleer hoe om myself lief te kry. Dis daai les wat die grondslag van SCHOONHUID geraak het tydens brand development. Ek ontwikkel SCHOONHUID rondom my journey van selfontdekking. Ek vertel 'n storie om mense te inspireer en te motiveer om 'n pad van selfontdekking, self-love en self-care te volg. Om werklik te vind wat natuurlike skoonheid (Schoonhuid) beteken en dit ten volle te embrace en te vier. Dit alles deur handgemaakte natuurlike bath, body en skincare produkte, wat nie net uiterlike skoonheid verbeter nie, maar celebrate wie ons van binne is. My storie vertel ek in die vorm van collections wat ontwikkel word rondom my herinneringe, my journey of discovery en my aanvaarding van myself. Ek’s nogals trots op SCHOONHUID.

So tussen deur Schoonhuid begin en Covid restrictions leer ek ñ nuwe normaal aan: Die aanpassing van dorps lewe na jare op die plaas.

Een so aand sit ons om ñ braai vleis vuur en die voeltjie op my foon fluit aanhoudend, “dis likes op Instagram” sê ek benoud. “Stalker much” antwoorde die vriende. En in daai oomblik, begin my love story:

Ek en *Geppetto het nie dadelik by mekaar gekom nie, om eerlik te wees ek het weke na die eerste Instagram like, hom eers ontmoet en besef hy was die Instagram Stalker, maar die mannetjie het gereeld kom lip balm koop by Schoonhuid en so het ons begin gesels.

Eers was dit net “Hello” en small talk, wat verander het in langer gesprekke, hy kom koop meer gereeld lip balm en die conversations skyf van agter ñ till na buite op die stoep van Schoonhuid. Na maande en maande se back and forth join hy ons eventually vir ñ braai, na 100de invites wat ek al gemaak het. Dit is ook dieselfde aand wat ek nog mid-conversation was, wat hy my vas druk, en vry dat ek tot vandag nog deurmekaar is.

Niks, absoluut niks, gebeur na dit nie, behalwe vir die occasional interaction by die gym, of as hy kom lip balm koop. Maande gaan weer verby tot een naweek by n fees in die dorp. “Jy was reg, ek lieg vir myself. Ek hou van jou” sê hy vir my.

*Geppetto bars soos ñ bulldozer in my lewe in en begin elk muur wat om my gebou is afbreek, hy leër my hoe om met oorgawe affectioned te wees. Iets wat ek nog nooit voorheen kon doen of gee vir ñ partner nie. Die bakstene om my val klip hard grond toe met elke soen, elke keer wat hy aan my vat, sy hand wat saggies vryf oor my liggaam as ons cuddle en elke keer wat hy in my oor fluister “ek hou nogals baie van jou” en ek wat met my simple smile antwoord “jis jy’s n weirdo”.

Ek vind ñ kalmte vir die eerste keer in jare en besef dis dieselfde gevoel as “huis”. Hy bring ñ stilte oor my wat die chaos om en in my beheer en die sex is explosive, mind-blowingly intens en sensual - meeste dae is ons ñ film crew weg van n stout film. Ek begin oopmaak teen oor hom en ek vind in hom, ñ partner wat ek elke sukses en frustration van Schoonhuid kan deel mee.

ñ Paar maande gaan verby en ek besef ek’s nie net meer verlief nie. Die nuwe gevoelens vang my onkant. “Let’s not fuck this up, maak seker hoe jy voel voor jy iets uitblaker” sê ek hardop vir myself. So maand later besef ek, ek’s 100% lief vir die mannetjie met sy short shorts en breë rug en ek wil alles doen om hom gelukkig te maak, dis my trou man en ek wil ñ toekoms bou saam hom.

Twee dae later, 00h40am die oggend, staan ek weer voor ñ kruis pad en ek moes in ñ split sekonde ñ besluit maak.

In die helfte van ñ split sekonde speel 11 Hoofstukke se neglect, in die skaduwee wegkruip van iemand anders se priorities, ñ opsie wees, mental abuse en emotional manipulation af en ewe skielik snap als net in plek soos ñ legkaart: Ek is ñ product of my own patterns en ek alleen het toegelaat dat dit my define.

En in die ander helfte van die split sekonde besluit ek, sonder twyfel, om myself te kies. Hoe lief ek hom ook al het, dit is verby, ek moet ñ besluit maak vir my en nie meer vir ons nie. Ek besef ek verdien meer, meer as net empty promises. Ek kies myself bo al die jare se pyn, chaos en hartseer wat ek deur is. Ek besef dat al die jare nog soek ek comfort by die einste persone wat die grootste wonde gemaak het. Ek brand by die selfde vuur wat ek try dood slaan.

Ek word omvou met verligting soos n warm kombers in die winter. Niks gaan deur my kop nie, dinge was nog nooit so helder vir my soos in daai oomblik nie. Ons is in stilte uit mekaar, ons usual “Koebaai” soen en druk soos elke ander visit is iets van die verlede. Al wat ek nodig gehad het, soos hy sy laaste kyk vir my gee terwyl die garage deur oop gaan, is dat hy bly en fight vir my, al was dit makliker om te loop.

Soos die garage deur weer toe gaan agter *Geppetto kon ek myself nie help om te dink aan *Ilze se woorde jare terug, toe sy self hartstogtelik gehuil het: "How can people be so fucking cruel".

So liberating as wat dit was om myself te kies vir die eerste keer in my lewe, was ek ook in hoog denial vir amper ñ week na ek en *Geppetto uit is. Tot een oggend wat ek hom weer sien. My liefde vir hom neem totaal beheer oor my liggaam en ek besef die werklikheid van die situasie. Dis nie totdat die paw-paw die fan strike wat jy wakker gemoer word met die reality nie en gewoontlik is dit klaar te laat. Te laat om te praat, te laat om te verstaan en te laat om te red.

En met die laaste wilskrag en dalk die laaste bietjie hoop, dat ons tyd saam iets beteken het, sê ek: “ek’s lief vir jou *Geppetto, tenspyte van en deur alles, onthou dit”. Hy gee my ñ druk, dieselfde stokstywe druk wat hy my in die begin altyd gegee het, daai selfde “jy’s veilig by my” druk. Dit voel of hy my virewig vashou en ek klou, want ek weet dit is die laaste. Ek voel hoe sy druk ñ rapsie stywer word en saggies, amper onhoorbaar, sê hy: “Koebaai”.

My liggaam begin bewe en my binnegoed begin opstoot na my keel. En net soos my vriende al die jare terug die verte staan en in staar het, staar ek ook die verte in agter *Geppetto soos hy kar toe stap. Ek besef die woorde “ek’s lief vir jou” het in die oomblik minder waarde as ñ kruppelende land se geld eenheid. My oë word vir ñ laaste keer wasserig en my mond hoeke vul met die smaak van sout en ek moes net daar ñ keuse maak om te aanvaar, dat al is ek lief vir hom, enige antwoorde wat ek nodig gehad het, het nou saam hom in die kar geklim en weg gery.

Vir ñ tweede keer in my lewe gaan ek iemand moet vergewe wat nie jammer is nie en ñ apology aanvaar wat ek nooit gaan kry nie.

Ek is nie kwaad nie, ek’s ongemaklik met die leuens. Ek’s ongemaklik dat ek hom op die ouend glad nie geken het nie, en ek’s ongemaklik met hoe maklik dit was vir hom om oop en bloot my vir ñ fool te vat voor ñ dorp en gemeenskap wat my jare terug met ope arms ontvang het.

Ek het 2 keer uitgereik en gevra kan ons gesels en twee keer is ek met dieselfde emotional immaturity ontmoet: silent treatment. Ek gaan graf toe eendag met 10 vrae en 10 onopgeloste antwoorde. En die realiteit was, ek wou nie vir ñ oomblik hom prober terug wen of weer probeer om die verhouding te maak werk nie. Dis menslik as dinge so abrupt eindig dat mens vrae het, maak nie saak hoeveel Hoofstukke ek skryf of hoeveel “self-help” Tiktoks ek kyk nie, ek gaan altyd wonder.

Ek het tot onlangs nog gedink dat ek het closure nodig gehad daai oggend toe hy weg ry, want daar is ñ eindelose hoeveelheid woorde wat ongesê is. Maar ek het my closure gekry toe ek besef dat geen hoeveelheid woorde wat ongesê is, sê meer as die stilte tussen ons nie.

En dis die kak met closure, dis ñ cup half empty situasie, want watter een is beter? Beweeg jy aan met antwoorde of beweeg jy aan sonder om te weet wat werklik gebeur het. Either way dis n fokop, skat.

Q, jy gaan nooit ñ boyfriend kry met jou high expectations nie”; “dalk” antwoord ek, “maar ek soek nie ñ boyfriend nie. Ek soek ñ man met ballas wat beheer kan vat in moeilike situasies en nie stilstuipe kry nie, ñ man wat kan lief wees vir my met dieselfde liefde wat ek gee, ñ man wat besef enige verhouding kort werk en dat kommunikasie nie ñ luxury is nie maar ñ daily necessity en ek soek ñ donnerse man wat nie dwaal soos ñ kraai as hy iets blink sien nie. So ja, dalk gaan ek nie ñ boyfriend kry nie.

Verwag ek te veel of is “high expectations” net ñ ander manier om “bare minimum” in ñ verhouding te beskryf?

Dis ñ jammerte dat ons nie uitgewerk het nie, ñ dorp het geroot vir ons om endgame te wees; Dis ñ jammerte net een van ons het die emotional maturity gehad om te kommunikeer; Dis ñ jammerte dat net een van ons gefight het vir ons verhouding; Dis ñ jammerte dat een van ons aandag elders gaan soek het toe dinge moeilik of ernstig begin raak, want die Here alleen weet wat gebeur het, ek gaan nooit weet nie; Dis ñ jammerte dat twee van ons besluit het op die bare minimum wat ons verwag in die verhouding, maar net een van ons het dit as ñ fondasie gebruik; En dis ñ jammerte dat ek, “die ander man” in ons verhouding gemaak is. 

Een van die grootste lesse wat ek uit dit alles geleer het was by ons car guard: “Meneer, ek is saam met Meneer hartseer, ons almal is, maar met die volgende boyfriend, los spasie in die verhouding vir teleurstelling.

Ek het nie sy woorde verstaan nie.

Dis nie tot dat *Geppetto van sy pedestal, wat ek hom opgesit het, af val, dat car guard se woorde helder geraak het vir my nie. "Los spasie in die verhouding vir teleurstelling

Eks nie blind vir my eie foute nie, nog minder is ek ñ maklike persoon. My ambisie, perfektionisme, commitment en loyalty mag dalk soos positiewe klink maar huidiglik voel dit vir my soos my downfall. Ek raak stil in oomblikke van stress en ek sit Schoonhuid bo enige iets anders. Ek’s ñ absolute emotional being en dink / maak besluite met my hart en nie my verstand nie. Meestal aanvaar ek net mense om my verstaan wat in my kop aangaan en ek hoef nie knaend te verduidelik nie. Die lewe is wit of swart vir my, daar’s geen grys areas nie. Ek glo in ons maak elke dag keuses in ons lewe en daai keuses bepaal ons rigting, goed of sleg. Ek is iemand wat glo in destiny en dat daar ñ definitiewe rede is vir alles wat gebeur in die lewe. Die Here het soms ñ ironic manier om mens ñ lewens les te leër en jou op die pad te bring wat jy moet stap.

Ñ breakup is moeilik en al het ek aanbeweeg van die situasie, op my manier, gaan daar altyd ñ deel wees van my wat *Geppetto mis en ñ bietjie hartseer is. Om lief te wees vir iemand gaan nie net weg oor nag nie.

"Waar aan dink Meneer so hard?" vra die waiter by die coffee shop oorkant die pad. "Ek dink maar net hoe snaaks die lewe soms uitspeel" sê ek casually terug. "Maar ek moet sê Meneer lyk baie happy deesdae", ek het so rukkie stil gebly en onthou toe *Ilze se ander woorde: "It's all an act". En ñ standing fucken ovation act daarby.

Party dae vind ek myself op die wit bankie voor Schoonhuid sit en my kop draai as ek ñ kar hoor aankom om te sien of dit hy is, ander kere as life net too much raak vind ek myself by sy huis opsoek na daai stilte en dan is daar daai oomblike van sukses in Schoonhuid wat ek met hom wil deel soos altyd, dan is ek besig om n boodskap te tik.

Ek het oor die jare geleër dat die healing process gaan geensins oor, om ñ spesifieke achievement te bereik nie, dit gaan oor erkenning. Erkenning van die klein dinge wat in jouself verander tydens die healing process; dis wanneer genesing maklik word. Ons het nie validation van enige iemand nodig om ons healing process namens ons te meet nie. Nog minder kan enige iemand anders vir jou voorskryf hoe jou healing process moet werk nie.

Q, dink jy, julle sal weer bymekaar kom?” Ñ hele paar minute gaan verby en die stilte maak my kriewelrag. “Ek dink net *Geppetto kan die narrative van ons storie verander in ñ happy ending. Ek dink enige iets is fixable as 2 mense 100% committed is om ñ situasie te fix en ek glo in die Universe sends someone twice theory, maar having said that, ek staar myself ook nie blind in die realiteit dat ons storie nou net ñ herrinering is wat gaan weergalm elke keer as ons mekaar, in die verby loop, sien nie” sug ek.

Voor ek Hoofstuk 12 geskryf het, het ek elke ander Hoofstuk weer gaan lees, sommige 2 keer. Daar is een boodskap wat helder skyn uit almal: What you’re not changing, you’re choosing. Lees dit weer, nou lees dit nog ñ keer en elke keer wat jy in ñ moeilike situasie is sê die woorde hardop voor jy ñ besluit maak. “What you’re not changing, you’re choosing.”

Die laaste agt jaar was ñ kleurvolle warrel wind van experiences, ontdekking, hartseer en memories; lag, vriendskap en emosies wat vasgevang is in 12 hoofstukke. Ek het myself ontdek op seker een van die wildste, craziest journeys wat ek al op was. Ek het geleër wat liefde is, hartseer ervaar, besef hoe belangrik vrienskap is in mens se lewe en koebaai gesê, nie net aan twee groot liefdes nie, maar ook aan ñ ou Quintinn wat nou net ñ herrinering is op ñ external vol fotos en ñ blog vol stories.

Hoofstuk 11 het so bietjie op ñ cliff hanger geeindig, mag ek vrae hoekom hou jy op skryf” message ñ pel van die Kaap my. Ek het gedog ek was finally healed from the past, ek het ñ amazing company gestig om my journey te celebrate en storie te vertel. Ek is content in my lewe waar ek nou is en aangeneem dis die einde, dis waaroor ek moet skryf: die beauty van fullness bereik in die lewe, die perfect ending to my story.

Maar fate, destiny wat jy dit ookal wil noem, het besluit NEE, daar is nog een moment of growth wat ek moet deur gaan voor ek klaar gekryf is…

Toe ontmoet ek vir *Geppetto, en the thought never once crossed my mind dat hy my laaste hartseer en my full circle moment in my ontdekkingstog gaan wees nie.

Fluit fluit my storie (is vir nou) eers uit…

Die Einde.

*Skuilnaam

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


Math Captcha
49 − 44 =