Hoofstuk 11: Dis ñ Fokop, Skat
Voor die “nuwe normaal” het ek my beste lewe loop leef met n Desember vakansie, die eerste in many years, I may add. Ek’s mos n Krismas baba wat sy eerste gil op 24 Dec 1982 gegee het.

Dis nou ñ paar maande na die confessions van Hoofstuk 10.

Ek het verander, my persepsies het verander, die wêreld het verander… Dis vroeg oggend, net na 5 op ñ Dinsdag, vroeg Maart 2020. Soos oudergewoonte stap ek my employers se huis binne om die oggend turndown te doen voor almal wakker skrik en opstaan. Ligte word glas deure word oop getrek sodat die eerste strale van die bos veld son saggies glinster op die hout vloere.

Die TV in die PJ Room word op music gesit, saggies, net hard genoeg om ñ ongemaklike stilte te breuk. Ek bekyk die brêkfis tafel wat die vorige aand al gedek is en plaas die kleinste glas botteltjies met die lekkerste jêm op die tafel. “Die TV in die family kitchen, loop sit dit aan” sê ek hardop vir myself. Soos ek die koffie masjien reg kry, sit ek sommer die tv ook aan wat altyd op ñ nuus kanaal is. Trump raak iets kwyt op die TV, “verspotlike man daai” giggle ek terwyl ek my kop swaai. Nog voor ek my kop klaar geswaai het besef ek wat die man eintlik besig is om te sê…

Dis nou amper 5 maande na daai oggend. Amper 5 maande na ek vir Mamma gebel het “Wat’s fout, want as jy eers begin met ‘So…’, dan is daar kak” wil Mamma vinnig oor die foon weet. Die wêreld is op haar knieë. Ons sit by die huis, ons dra maskers en die enigste alcohol fix wat ons kry is die 70% sanitizer wat ons, ons hande rou mee smeer elke 5 minute. Oom Cyril sê ons veg ñ invisible vyand. Hy moedig ons aan om te social distance (donner weet ek social distance my hele lewe lank om te begin, ek hou mos nie van mense nie) en ons mag nie rook nie. Suid Afrika is de moer in, ons wil nie meer “My fellow South Africans” hoor nie; ons verstaan bly by die huis, social distance; maar nou’s dit ñ fokop, Skat. Ons wil braai, ons wil drink, donner weet ons wil rook. Maar deur dit alles, raak ons gewoond aan die ‘nuwe normaal’.

Voor die “nuwe normaal” het ek my beste lewe loop leef met n Desember vakansie, die eerste in many years, I may add. Ek’s mos n Krismas baba wat sy eerste gil op 24 Dec 1982 gegee het. Jare terug, in Engeland, is ek by n pub om my birthday te vier. Dis jollig in die pub en om die kroeg, sneeu val saggies buite en die kaggels brand hoog in die binne kant. Almal wens my geluk, maar daar was een birthday message wat ek tot vandag toe onthou. N Oom, vuil takkies hare, 2 tande missing in die regter hoek van sy mond, lig n groot pint Guinness in die lug en skree: “He beat Jesus with one day, Happy Birthday mate!!!” Nes ek, is wiskunde nie sy sterk punt gewees nie, maar dis die idee wat getel het by my.

Anyway, my 37th birthday het ek in die Karoo spandeer saam die family en jare lange huis vriende. Sorglose dae om die swembad met glasse vol champagne en kratte Castle Light. Feesmale is voorberei elke dag en die vuurtjie knetter so dus kant langs die swembad; of ons nou braai of nie, Desember vakansie isi n vakansie sonder n vuur nie. Na die groot eet van Kersdag pak ek my tasse vir n roadtrip see waarts, and unbeknown to me is dit ook die December vakansie wat ek n hele paar bucket lists gaan af tick!

Oggende word spandeer op Groot Brak se strand, middae word stalletjies gestap by Hartenbos en so tussen deur flirt ek met die 100de Tinder matches wat op my foon deur kom.

Bucket List 1 tot 3: Holiday Romance, Moonlight Walks and Naughty kisses on the beach

So match ek met *Gerrie, n rooikop met die mooiste krul hare wat kort geskeur is langs die kante van die ore. ñ Lang man, argitek, oorspronklik van Hartenbos se wêreld, maar huis is res van die jaar in Stad Skaapstad. Met een gesprek, vra *Gerrie of ek dalk n bier wil loop drink saam hom; toevallig is daar ñ Afrikaanse fees elke aand aan in Hartenbos en almal wat my ken weet, eks stout vir n lekker fees. Ek sê natuurlik ja, maar reël dat ons ontmoet na die fees, by Na Donker (dis so goed soos n kinderkrans maar net met drank, orige tieners en losbandigheid in die badkamer!)

So kies ek koers na Na Donker, mens ruik die skool banke, chalk en teenage desperation soos mens aangestap kom. Ek kry n drink en is doenig en maak geselsies by n tafel. Uit die hoek van my oog sien ek vir *Gerrie wat pas opgedaag het. Ek speel dit cool en maak of ek hom nie gesien het nie. Hy moes my obviously ook gesien het, want hy kry ñ drink vir hom (en vir my) en stap oor; ek ignore nog al die pad, en hy doen daai "loop in my vas per ongeluk” trick en is kamma heel verbaas toe hy sien dis ek!

So gesels ons ñ hond uit die bos heel aand. Ek vibe lekker met hom en daar’s geen awkward stiltes nie. Op ñ stadium wil ons loop blaas leeg maak, maar die badkamers is besmet met die lawwe kinders wat teen die badkamer muur vry nog heel aand. Ons loop maak leeg buite, ek is van die Karoo so ek kies sommer die eerste boom so klip gooi van die club af. *Gerrie kies die meer subtiele roete en stap ñ entjie die donkerte in.

Soos hy terug stap, weet ek nie wat oor my kom nie, maar hy was skaars in arms lengte van my toe gryp ek hom en vry die kak uit hom uit. Wat gevoel het soos ure, stoot hy my so entjie weg en sê: “3 goed…. 1. donner dit was onverwags, 2. kan ek jou uitvat vir ete (“awwww” dink ek) en 3. Beste Aand Ooit!” Ek giggle heel skaam en stem in vir n properse date. Dit werk toe nooit uit om op daai properse date te gaan nie (tot vandag toe nog spyt daaroor actually), maar ons kry kans een aand om weer vir drinks te gaan.

Ons ontmoet by Dolf se Stasie en kuier heel rustig saam met n hoop van sy vriende. Net so na 10pm sê hy saggies in my oor, “kom ons glip weg, nog nie n oomblik alleen saam jou spandeer nie” Ons kies koers strand se kant toe. En dis waar ek besef wat ek uitmis op. Wat vir my wag daar buite die plaas se hekke en wat ek na smag in my lewe. Mens is so vasgevang in ñ routine en in ñ situasie dat mens net aanvaar dat waar jy in die lewe is, is dit; maar daar’s ñ wêreld daar buite met endless opportunities. Soms kort mens random ontmoetings en ervarings om tot by daai realization te kom.

Spoiler alert… die realization het toe in ñ heel ander vorm gekom en gebeur.

Die res van die aand is spandeer met slow moonlight walks op die beach, branders wat saggies breek en so elke nou en dan stop ons vir n skelm soen of vry met ñ comment van *Gerrieek’s regtig bly jy het gekom vanaand” dan stap ons verder en ek vergeet van alles en almal en ek is absoluut vasgevang in die oomblik. En net soos daai een aand wat ek my “Ghost movie moment” saam met *Seabiscuit gehad het - lang storie wat ek voel beter gepas gaan wees as ek eendag die moed bymekaar skraap om die Hyg Roman te skryf - het ek my Hollywood moment met *Gerrie; waar die wind saggies waai, ons lê en vry op die strand met die glinsterinde maan wat ñ ogie hou oor ons en die laaste branders wat breek se water wat so stil-stil aan ons hake kap waar ons lê.

So romanties soos dit was, see sand is ñ bliksem, en dit maak baie dinge baie moeilik! Ek en *Gerrie gesels nog so af en toe. Ek sal seker altyd wonder wat sou gebeur het as ek hom vroëer die vakansie ontmoet het of dalk langer saam hom spandeer het, maar vir nou was dit ñ holiday romance. Albeit net 3 dae, but still a romance, moonwalks en kisses included so daai bucket lists is getick.

Bucket List 4: Random Festival Hookup

Daai selfde aand wat ek vir *Gerrie ontmoet het by Na Donker was ek mos eers by die Afrikaanse Fees. My eerste keer by die open air amphi-theather in Hartenbos en soos oudergewoonte koop ek 4 dubbles op n slag. Ek moet by sê, die bier tent was soos jy inkom by die fees, so ook die amblusie eenhede, en ek het plek gekry om te sit aan die heel ander kant van die fees. So ek het maar gedink dit gaan makliker wees om 4 te koop as wat ek heeltyd bier tent toe loop. Die fees is lekker, met so een of twee frowned upon oomblikke, kom ons blameer maar load shedding!

Anyway, ek besef op een stadium daar's n klein bier tent net so agter my. Ek loop plak my brandewyn gat ferm op die bankies onder die tent. Die bier tent is heelwat stiller as die main tent so dit was verfrissend om nie te wag vir n lip nat makertjie nie. Gedurende die aand kom twee laaities aangestap en vra “Oom kan ons maar op die oop bankie sit” en dis hoe die geselsies begin.

Die skraal mannetjie is duidelik die haan onder die henne en sy maatjie is die stil eenetjie. Ek dink die skraal een het homself voorgestel as *Swannie, kan nie regtig onthou nie. Hy is saam sy vriend op matriek vakansie, ek het aangeneem hy is 21, hoekom weet ek nie. Dit kan wees oor die hoop komplimente wat hy na my kant gooi en die obvious flirting, maar ek is ñ hele paar brannas diep en gesels net lekker.

Lang storie kort, die aand beweeg na ñ einde en ek staan op om te loop piepie. So sê *Swannie hy kom saam, “weird” dink ek. Maar hier stap ons, sommer agter om die klein bier tent, maak ons blaas leeg net so agter die makeshift container dumpster. Ek het skaars myself deeglik na die piepie toe druk *Swannie my vas teen die dumpster. Eventually toe ek asem skep sê hy “oom vry lekker” met sy simple smirk op sy gesig wat my laat bloos en giggle soos n stout kind. Ons moes dalk so rapsie langer weg gewees het as wat ons moes, want sy vriend het al paniekerig geraak en ñ pel van my raas met my want “*Swannie is straight en 18” (mense en hulle labels)

Hy was fokkol straight toe hy sy tong in my keel af druk nie en hy is 21, eks seker daarvan” hap ek terug. Turns out hy was toe 19. Wat maak dit saak? 18, 19 of 21; "dis fokkol, dis festive daar buite" soos die mense sê as hulle die December BoBo (bonus) loop mors. Festival Hookup bucket list checked.

Bucket list 5: Get a New Years kiss… and not from my Mom

Ok, ek moet nou eerlik wees. Ek was vas beslote om nie die bucket list te skryf nie. My Ma lees die stories en daai awkward kyk wat ek gaan kry na sy die deel lees het ek nie krag voor nie, maar die het een van my heel lekkerste memories en ervarings (naas *Harvey) geraak, so dit gaan net simple wees om nie die te skryf nie. En, ek’s seker, niks wat ek skryf oor, verbaas my Ma op die stadium meer nie.

Presies 8 maande voor 2019 NYE het ek vir *Dirkie op ñ chat group ontmoet. Afkomstig van ñ klein dorpie so duskant Bloemfontein. Ons het lekker gesels maar dit het soortvan dood geloop, wel tot Oujaars dag 2019 in Jbay…

*Dirkie moes my gesien by die Surfer Village want dadelik stuur hy boodskap en vra is ek in Jbay want hy is seker hy het my gesien. “Ja, maar net tot more oggend” antwoord ek. “Wie is jou NYE vry” vra hy heel stout met daai smirk emoji. “as jy jou kaarte reg speel dalk jy” antwoord ek. Ons het nog altyd lekker geflirt met mekaar. Om eerlik te wees, dit was net ñ flirt vir my en ek het geensins gedink dat ek hom eers gaan sien nie.

Wel dis 23h45 en ek’s saam ñ pel op die strand, reg om die nuwe jaar in te gaan met ñ bottle aaklige cheap champers. My foon fluit en dis *Dirkie, “Waar’s jy?” vra hy, ek verduidelik maar daars klomp ligte en lifeguard stations en ek besef ek gaan nooit vir AA services kan werk nie want ek’s heel rigting bedonnerd. Ek lees mos verte en rigting in tyd en nie in kilometers nie. Dis 5min voor die eerste fireworks die lug in skiet om die Nuwe Jaar aan te kondig. My foon lui en *Dirkie sê “ek kry jou nie, ek’s jammer, ek wou so graag jou NYE vry wees”.

Eventually kom ons by mekaar uit en kies koers J’Vista se kant toe. Die rye is lank en ek sien ons gaan nie gou in kom nie. Ek onthou van ñ ander ou, wat ñ crush het op my, wat ons gaan kan laat ingaan sonder om in die ry te staan. 1, 2, 3 en ons is binne. Reflecting back besef ek nou dat ek hom dalk laat dink het ek’s daar vir hom en hier staan ek saam ñ ander ou voor die deur. Ons kuier lekker, met skelm hande vas hou en boud knype op die dans vloer. Ons eindig op, oorkant die pad, by die strand waar ons staan en vry op die klein duin.

ñ Polisie beampte het verby gery op daai 2 wiel karretjies en vra wat doen ons. “Uhm, jy interrupt ons for starters” antwoord ek. Polisie man vra verskoning en sê ons moet dalk ñ ander plek kry “to not get interrupted again” want daar's glo rond dwalers op die strand wat moeilikheid maak.

Al wat ek verder kan onthou is ñ oomblik teen ñ rooi bakkie met net my hemp aan, ñ oom wat sê “naand manne, lyk of julle ñ lekker new years het”, ek moes my foon verloor het iewers tussen die uit trek of aantrek, want ek moes haastig terug gegaan na waar ek “n lekker new years” gehad het om my foon te soek.

Daar was ñ laaaaaaaaang oomblik van passie by ñ car park onder ñ straat lig teen en binne my Izuzu bakkie en toe skrik ek wakker, 6h30 in die drive way van die huis waar ek gebly het, met my bakkie se venster ñ entjie oop en my onderbroek wat weg is.

BESTE. NUWE. JAARS. OOIT. Bucket list checked.

Lewe het terug gekeer na routine op die plaas, en elke nou en dan dink ek aan die oomblik wat ek op die strand saam *Gerrie besef het daar’s ñ lewe en ñ wêreld daar buite die plaas hekke. Maar hoe pak ek op en begin oor op 37? My wese bestaan uit loyalty en commitment, my needs and wants word opsy gestoot om ander te please, maar op die ou end, maak nie saak wat jy vir iemand of vir n company beteken nie, jy is net n salaris nommer.

Ek kan eerlik sê daar was nog nooit regtig ñ oomblik wat ek so gevoel het op die plaas nie. My employers kyk mooi na my, ek love my werk, ek’s goed in wat ek doen, maar daai gogga bly fluister in my oor “jy skuld niemand niks, jy is resourcefull, dink aan jouself vir n oomblik” Ek begin myself elke dag vra of ek nog op 40 ñ ander man se vrou se panties wil was of dag in en dag uit in dieselfde routine vas gevang wil wees. Die feit is daar’s regtig niks meer vir my om te bereik op die plaas nie. Wel ek moet refrase, my talente en vision is wasted op die plaas.

Dit voel soos nou die dag toe Oom Cyril sê ons is op ñ hard lockdown. Die eers maand was fine op die plaas, dit was lekker om laat te slaap, op te vang met social media en News24 soos n valk dop te hou met die latest updates oor Suster Rona wat kom kak maak het in die wereld.

Die oomblik to ons daai een kans kry om te ry om by ons huise uit te kom vat ek die kans, pak my tasse, laai die honde en jaag Karoo toe. Skaars drie weke by die huis, een middag fluit my foon weer; maar die keer was dit n brief van die werk. Ek lees dit n paar keer. Broer wil weet wat die brief sê. “Ek het tot maand einde om te sê of ek belangstel in n voluntary retrenchment”. “Wat gaan jy doen?” vra hy bekommerd. Daar hardloop baie dinge deur my kop, daar’s mixed emotions. Ek raak weer stil en vet Quintinn steek kop uit vir n fraksie van ñ oomblik en ek vergryp my aan spare ribs en chips.

Ek weet nie” antwoord ek…. "maar dis ñ fokkop, skat"

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


Math Captcha
− 9 = 1