Hoofstuk 10: Confessions of a 30-Something Millineal
Hoe meer gewig ek begin verloor het, hoe meer muscles het ek begin bou. Die aandag wat ek gekry het was intens en bitter addictive. Ek het al hoe minder begin eet, net genoeg vir muscle development en om krag te hê deur die dag.

So ruk terug, middel July 2019 om presies te wees, klim ek uit die stort en soos oudergewoonte kyk ek na die gesig en liggaam wat terug staar na my in die spieël. Drie jaar speel voor my af in ñ oogwink en ek skud my kop stadig. Die prentjie in die spieël is nie die prentjie wat ek op social media post nie, “Jy is legit ñ ‘Instagram vs Reality’ geval. Iewers moet dit nou stop. Jy preach self-love, maar kyk terug in die spieël met ñ skewe glimlag en swaar nat oë” sug ek hard op, so by myself.

Maar om sin te maak van die paragraaf, gaan ek terug moet gaan na die begin; om die dele te vertel wat ek (strategies) uitgelaat het uit die storie. Wel nie heeltemal die begin nie, ek het tot vervelens nou al vertel my hart was gebreuk, ek het ge-overeat (moerse understatement), die skaal gebreuk op 150kg en ultimately 60kilo’s verloor. I mean, ons ken die storie en we all built our bridge, so kom ons doen ñ flash forward in die hoofstuk in die vorm van confessions…

Confession 1: *Harvey

Na Hoofstuk 9 se koebaai aan *Harvey, einde 2018, het ons weer na maande, vroeg 2019, gemeet vir ñ drink. Na nog ñ aand van passie, het ek besef dat *Harvey gaan seker altyd my Kryptonite wees. “Hoekom bly jy terug hardloop na hom?” wil *Hartsvriend weet. “Ek’s oor hom, hy is soos comfort food. Jy wil dit nie elke dag eet nie, maar kom winter, dan is jy lus vir daai butternut sop” smile ek. Ons het eventually ons Final Koebaai gehad, ñ paar weke terug een Vrydag aand, so paar dae voor hy sak en pak terug getrek het na die land wat Shaka Zulu eens regeer het, Durban. Lezzbehonest, Durban is so goed soos buiteland vir my. Niemand gaan of wil uit hom se eie wil soontoe gaan nie. Dis nie ñ lekker plek nie en ek kry ñ lelike sweet lippie in daai bedompigheid.

Anyway, dis ook die aand wat ek *Harvey se ex fling ontmoet het en nog ñ ETV Emmanuelle episode in die club se badkamer gehad het met die einste ex fling van *Harvey. And to be honest, ñ week later part 2 van die Emmanuelle episode voortgesit het met die selle ex fling bo my die monument in Grahamstad, een middag net so voor son sak.

In die selfde tyd wat ek en *Harvey gemeet het vir daai drink, het ek vir *Seabiscuit ontmoet. Ñ Perdruiter van formaat en sitrus boer in die selfde vallei waar daai fees gehou word jaarliks, en waar ek destyds vir Prince Charming op die John Deere Trekker moes ontmoet het. Ek en *Seabiscuit is voorgestel deur ñ mutual pel (ons het actually maande voor dit op Tinder gematch maar nooit ñ woord gepraat nie).

My tyd saam hom was lekker, maar ek wag nogsteeds vir *Seabiscuit om te reply op my WhatsApp dat ons uit is [insert awkward emoji]. Laat November 2019 moes ek hom per toeval gebutt dail het terwyl ek die smart shopper swipe by die till. Dae later sou hy my message en confess hy mis my en is nog lief vir my. “Wat sou jy doen as ek sê, ek’s in Grahamstad opad na jou toe?” vrae hy oor die voice call. “Ek sou sê jy het jou diesel gemors, draai liewers terug” antwoord ek.

Die ding is, *Seabiscuit was liewer vir sy perde en sy lamoene as vir my. En ons almal weet mens microwave nie koue takeaway chips nie…

Dan was daar *Beefcakes. Ñ Mooi mannetjie, afkomstig van daai dorpie waar Norma Jean ñ diner het. Die dorpie net so dus kant Jeffrey’s Baai. Maar vir eers is sy storie en *Seabiscuit se storie nie nou belangrik nie, dit sal dalk nog vertel word.

So tussen *Seabiscuit en *Beefcakes was ek terug in die Karoo vir die jaarlikse straat wyn fees. Ek lek nog die wonde na *Seabiscuit hom perde en lamoene gekies het bo my; en hoe deal ñ eertydse vettie wat nou lyk of hy ñ gym ingesluk het met die hartseer? Ek gryp ñ mooi, lang haar blonde man op die dans vloer, soos die wynfees op ñ einde kom, en druk hom vas teen ñ random Citi Golf daar in die donkerte waar die karre gepark is.

Met #MaandagStorieTyd wil *Hartsvriend weet “Hoe weet julle gays van mekaar, so random op ñ dans vloer?”. “Ons ruik mekaar… Ek weet nie?!” hap ek terug.

Ek moet confess… Ek het nie gevoel oor *Seabiscuit of *Beefcakes soos ek gevoel het oor *Harvey nie. Hulle was distractions waarmee ek myself (try) oortuig het dat ek oor *Harvey is. Ek het wel nog ñ stukkie van die puzzle van my Hollywood Ending by elk van hulle geleer. Ja ek was/is lief vir *Harvey, maar hy het op die ou end ñ simbool geword van wat ek soek en verdien. Hy het verby die muscles en “looks” gekyk en hy het my lewendig laat voel elke keer wat ons saam was.

En dis wat ek soek, daai excitement saam met iemand. Ek is nie oor *Harvey nie, en die gevolg is, ek laat niemand toe om close te raak met my nie.

Confession 2: Shallow en Vain

Soos ons weet, was 2017/2018 die jaar that I lived my best life. Ek het myself begin re-discover, ek het my 20’s geleef (iets wat ek nooit gedoen het toe ek wel 20 was nie); en ek het meer petals uit gedeel as ñ Prostutiet in Hillbrow se donker strate. Hoe meer gewig ek begin verloor het, hoe meer muscles het ek begin bou. Die aandag wat ek gekry het was intens en bitter addictive.

Ek het al hoe minder begin eet, net genoeg vir muscle development en om krag te hê deur die dag. Ek het harder begin gym meeste dae tot 5 ure ñ dag. My arms het geskeur uit hemde uit en my broek het stokstyf gesit om die quads en kuite. My DM’s en inbox is besmet met boodskappe van ouens wat vir my vertel hoe aantreklik en sexy ek is. Descriptive boodskappe van wat hulle met my en aan my wil doen.

Ek het begin selektief raak met wie ek entertain en ophook mee. Onaantreklike mans terg ek net, soos ñ pakkie sweets wat vas sit in ñ vending masjien, so naby maar tog so ver van kry. Ek het 3 code words gehad as ons uit gaan saam my pelle. Twee van hulle het ek vertel: “EAT IN”, as ek ophook met iemand in die dorp en oorslaap,en ñ “TAKEAWAY”, as ek iemand terug vat plaas toe. Maar ek het nog nooit oor die derde een gesels nie: “PRO BONA”, as ek ophook met ñ vettie.

Een keer ñ maand sou ek ñ slightly overweight ou kies om op te hook mee. Maar net ñ lekker vry, nothing intens, mens kies jou commitments in sekere situasies. Ek het geglo ek doen hulle ñ guns dat ñ aantreklike ou hulle aandag gee want ek van alle mense ken die struggle van altyd die vettie in die vertrek wees.

Een family vakansie, einde 2018, stop ons by ñ restaurant. Soos ek die knoppie druk om die bakkie te sluit, skree die car guard casual “My laanie, los maar om te lock. Niemand gat loop mors met die wielle nie. Ons is almal bang ons word gedonner met daai arms”. Ek was groot, ñ muscle daddy, ñ gladiator met veins wat uit gepop het op my arms en bene, ñ lopende google maps. Maar daar was een geheim.

Ek moet confess… Ek het shallow en vain geraak. Ek het begin rely op my looks en muscles. My beste assets is tot my voordeel gebruik, om te kry, wie en wat ek wou hê. Daar’s ñ quote wat ek by gesweer het: “Oh Honey, (gay)men don’t care about what’s on the inside, they only care about what’s on the outside. That’s what gives them a boner”.

Die Quintinn is nie die kind wat sy mamma groot gemaak het nie. En net soos *Susan destyds vir my gesê het, ken ek ook nie die Quintinn wat voor my in die spieël staan nie. My experience sover is nog net superficialness, die verkeerde tipe self-love en fuck boys met daddy issues.

Confession 3: Perceptions

July 2019, daai oggend voor die spieël, vat my lewe weer ñ nuwe rigting. “Ek’s vet” sê ek vir *Hartsvriend. “Hou op om dit te sê, jy is nie” raak *Hartsvriend kwaad. Die ding is, ek is dalk nie meer 150kg nie, en ek is dalk nie meer “vet” nie, maar daar is ñ geheim.

Ek word gebodyshame omdat ek nie ñ 6 pack het nie, en ja, dis moeilik om te glo as jy na my social media foto’s en comments kyk; maar daar is ñ geheim.

Ek het myself geleer hoe om my assets wat ek het te beklemtoon; fotos word strategies gecrop, ek het ñ archive vol perfekte filters en presets, quotes of music lyrics hardloop bo oor die dele van ñ Instagram Story post wat ek wil wegsteek. Ek ken my kamera angles want ek oefen dit daagliks met my selfoon op ñ tripod om die perfekte pose te kry. My arm is altyd voor my maag en iets in my hand sodat my biceps moet flex. Ek het geleer hoe om te loop en te staan om my bene te flex, net genoeg sodat niemand agter kom nie; ek weet wat en hoe om aan te trek om muscles groter te vertoon. Dit alles oor die geheim.

En hoekom? Vir die 400 likes op Facebook en die 1000 story views met 100de boodskappe? Dis superficial. Ek sit soveel energie in 1 foto in om ñ perception te skep, maar back at the ranch, lê ek met my Humpty Dumpty maag en lees die “jy is so aantreklik en sexy” boodskappe, terwyl ek my mond af lek met die krummels van die peanut butter en stroop cuttie wat ek nou net verslind het. Ek wil nie meer voorgee nie, dit is nie wie ek is nie. En om truly happy te wees met myself gaan ek eerlik moet wees oor die geheim.

Daar’s soveel ouens agter jou aan, gee een van hulle ñ kans” pleit *Hartsvriend so ruk terug by my. “Nee vriendin, daar is nie, they don’t want to date me, they want to fuck me. Daar’s ñ verskil” antwoord ek saggies terug. “Nee Quintinn, daar is. Jy gee die fuck boy perception af en dis wat die goeie ouens, soos jy, af skrik”.

Ek moet confess… Die waarheid is, ek het nie ñ lewe nie. Ek het oomblikke wat vasgevang is in hoofstukke en op foto’s, maar ek het nie ñ lewe nie. Ek leef in ñ onrealistiese Hallmark movie met happy endings wat net in my kop is. En dit is nie gesond nie. Die laaste paar maande het ek die reset knoppie gedruk en probeer myself re-invent in die persoon wat ek wil wees maar daar is nogsteeds die geheim.

Confession 4: Die Geheim

Ek moet confess… Ek het besef ek het nie meer random hook-ups nodig om myself validated of relevant te laat voel nie. Nog minder gaan ek op my ryp ouderdom van 37 toe laat dat ñ fuck boy met ñ IQ kleiner as my biceps my bodyshame. Ek kyk vas in die prentjie in die spieël, maar ek vergeet die commitment, dissiplinne en opofferings wat dit gevat het om daai prentjie in die spieël te sien. Die pap velle en harde vet is net nog ñ hurdle, dalk die moeilikste hurdle wat ek moet klim, maar ek gaan nie nou op gee nie. En wie weet, net dalk is daar ñ Revenge Body Hoofstuk iewers in die toekoms…

Wat 2020 gaan inhou vir my is ek onseker oor, maar hopenlik is dit net so groot avontuur soos die journey wat ek tot dusvêr ervaar het…

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


Math Captcha
24 − 14 =