Hoofstuk 8: Die Lied Op n Gebreekte Stoel
Voor die glimlag en verlange, iewers in Maart 2018, het die Tannie met die wit rok en swart hare weer kom kuier, maar haar kuier was anders die keer. Sy’t kom klop en soos ñ skim in die nag weer verdwyn, maar in haar plek het sy haat en bitterness gelos.

Die storie is geskryf een koue lente oggend, 2018, op n stukkende kamp stoel.

Elk van ons kom teminste eens in ons leeftyd op ñ kruispad. Of dit nou ñ midlife crises, menopause of net bloot hartseer is, ons staan voor daai pad. Sommige loop sirkels en draaie om die kruispad ander tackle dit kop eerste. Dit is ook gewoontlik wanneer jy besluite maak wat die rigting van jou lewe verander. In die kerk word ons geleer dat die Here ons lewens storie geskryf het en hy sit ons in situasies en voor kruispaaie om ons geloof te toets. Ek kan eerlik sê dat ek ñ never-ending eksamen skryf, wat voel asof dit eenvoudig net nie gaan ophou nie. Soms is dit moeilik om geloof te hê en te vertrou dat alles wat gebeur in ñ mens se lewe deel van ñ groter prentjie is wat klaar geskryf is. Mens is so geneig om jouself te vergelyk met die om jou en ander mense se lewens lyk altyd soveel “makliker”.

Ek het ook geleer dat mense gewoontlik hulle lewe “filter, post en tweet” sodat die res van ons net die lekker dele van hul mens wees sien en ervaar. Ek is die grootste misdadiger van dit, it’s all smoke and mirrors.

Maande het verby gegaan na die Ballade Van My Swart Koffie. Die hartseer is vervang met ñ glimlag, van ons het bloot net laat sien en laat staan, van ons sit ñ braaf gesig op en het aanbeweeg, maar die een ding wat ons almal in gemeen het is verlange. Verlange na hoe dinge was, verlange wanneer ons groot oomblike deel en verlange as ons random kuiers met ñ paar biere in die dorp het. Maar dalk die belangrikste, verlange na ñ persoon wat ons nie regtig geken het nie.

Voor die glimlag en verlange, iewers in Maart 2018, het die Tannie met die wit rok en swart hare weer kom kuier, maar haar kuier was anders die keer. Sy’t kom klop en soos ñ skim in die nag weer verdwyn, maar in haar plek het sy haat en bitterness gelos. Die stemmetjie in my kop het my konstant herrinner aan hoe my Swart Koffie geëindig het. Ek het kwater geraak en die bitterness het begin borrel. Dit het my hele lewe begin consume. Ek kruip weer weg in die huis, vergryp my aan kos en die haat raak meer.

Een aand laat toe kom die Tannie terug. Ek voel hoe sy aan my vat en sy sê “Die hartseer is te groot die keer, jy’t hulp nodig. Jy gaan dit nie op jou eie wen nie

Dadelik moet ek terug op pille, pille wat ek jare laas gedrink het, “Nee, ek moet praat, praat met iemand wat nie my of die storie ken nie”. So, begin ek praat, elke Woensdag, vir weke lank. Moeilike vrae word gevra, herhaaldelik op verskillende maniere, en vir die eerste keer kan ek nie meer bullshit of verskonings soek nie want die rede vir die hartseer is ontdek. Ek moet die storie van *Susan vertel…

Ek soek iemand soos jy, net nie jy nie”, *Susan snik terwyl sy dit sê daar waar sy sit op die oorgroot wit bank met haar bene gekruis. Ek hoor die branders breek iewers ini verte, ek ruik en proe die see water en besef dis tranne wat rol oor my eens dik wange. “Ek soek iemand soos jy, net nie jy nie” woorde wat tot vandag nog gegrafeer is in my siel. Woorde wat so groot impak gemaak het op my dat dit nou die grootste emosionele rol speel in enige verhouding; vriendskaplik of romanties.

Jare terug, het ek vir *Susan ontmoet. Sy het in ñ vertrek gesit besig met n onderhoud toe ek verby stap. Ek onthou ek het haar gesien, gestop en weer gekyk “Shit, Wie. Is. Daai.” My hart het vinniger begin klop, hande het nat geraak en al wat ek die res van die dag sien of dink aan is *Susan se gesig.

So begin ñ rapsie langer as 4 jaar se “will they, won’t they on again off again” liefdes storie. Ons altwee het ons eie demons gefight toe ons ontmoet, ek op die hoogte punt van my bipolar en sy tel die stukke op na ñ gebroke verhouding. Ons het dadelik geclick, en hoe meer tyd ons saam spandeer het, hoe vinniger en harder het die skoenlappers in my maag begin kriewel. Ek het verlore geraak in haar oë, gesmile elke keer wat sy haar kop so half skeef draai en ñ sagte sug gee as sy verstreurd is of nie iets verstaan nie. Die skoenlappers bars uit my maag elke keer as ek haar sien of ñ drukkie gee, ek het geval vir die manier hoe sy my geraak het, sonder om ñ woord te sê.

Ek was verlief, verlief op die groen oog nooi van die Karoo. *Susan was my eerste groot liefde, en ek was blind verlief. Ek kon en wou niks verkeerd sien nie, en dis die problem met verlief wees. Dit maak mens dom. Mens is kinderlik opgewonde en jy maak verskonings vir die klein rooi vlaggies wat mens wel raak sien.

Nooit het ek vir een oomblik gedink dat *Susan op die ou einde ñ aardbewing gaan wees wat ñ emotional ripple effeck op my lewe sou hê nie; maar ultimately was sy ook ñ blessing in disguise wat die katalisator geraak het vir my om op my ontdekkingstog te gaan.

Hoe het jy geweet jy is lief vir *Susan?” vra sigiater. “Die oomblik toe ek besef, ek’s besig om verskonings te maak vir die manier hoe sy my seermaak” snik ek met ñ bewerige stem.

Op haar manier was *Susan lief vir my, maar net nie op die manier wat ek nodig gehad het sy moes wees nie. Ek het so emotionally involved geraak met haar en dit was moeilik om die hoeveelheid pyn, hartseer en verwerp te hanteer maar op die selfde tyd so lief te wees vir die persoon wat dit veroorsaak. En die mees patetiese ding wat ek nog in my lewe gedoen het, was om iemand te smeek om my lief te hê op die manier wat ek lief het.

Het jy nog selfmoord idees?”, vra sigiater terwyl sy stip na my kyk. “Nee, nie die keer nie”, ek vul my longe met yskoue lug, blaas dit hart uit en met ñ huilerage sagte stem antwoord ek verder, “liefde het my addiction geraak, en dis ñ drug wat vêr meer skadelik is vir my as self-harm”.

Met tye kyk ek terug op daai 4 jaar en probeer uit figure waar het ons in daai vieslike greep geval. *Susan het my net genoeg gegee om te bly, en die oomblik wat ek weg beweeg, het sy stil weer terug gekom in my lewe en nog ñ bietjie meer gegee. Dit was ñ vicious kringloop oor en oor. Ek het soos ñ opsie gevoel wanneer sy niemand gehad het nie. “ek weet nie wat om vir jou te sê nie” snik *Susan, ons sit op my stoep voor my huis, “Dis fine my skaap”, antwoord ek terug “ek weet nou wat ons is en ek verstaan wat ons nog nooit was nie”.

Soos ek opstaan om weg te loop, verloor ek my glimlag en ek besef *Susan het my lank voor ek opgestaan het al laat gaan. So kom ons storie op ñ einde, vroeg November 2015; min wetende dat dit ook die begin gaan wees van ñ nuwe storie.

4 maande later, een Sondag middag iewers in Maart 2016, na maande se self pity en over eating; die dag wat ek op my eensaamste was, val my hele lewe in mekaar en al wat ek kon doen is om terug te staan en met ñ emosielose gesig terug te staar en kyk hoe ek in eenstort. Dit is ook die dag waar my storie begin in Hoofstuk 2 en ek my eerste tree gee op my ontdekkingstog.

Jare later, na baie water onder die brug, drink ek en *Susan ñ glas wyn na werk. “jy is nie dieselfde Quintinn wat voor my staan nie, ek ken jou amper nie meer nie”. Ek het lank gaan dink oor daai sin later die aand. En *Susan is reg, ek is nie meer dieselfde nie, sy onthou vir #VetQuintinn wat soos ñ skoot hondjie agterna gehardloop het, ñ Quintinn wat blind verlief was en verskonings gemaak het elke keer wat ek shot down was of ñ opsie van gemaak is.

In werklikheid het ñ stukkie van my dood gegaan saam met haar en daai dood is vervang met trust issues, paranoia en overthinking, want dit is wat gebeur, hartseer en pyn verander mens; maar dit wys ek nie vir haar nie. Al wat sy sien is Quintinn wat 60kg verloor het, jonk lyk weer en gelukkig is, maar daai geluk is ñ masker, ñ void wat ek vul met random meaningless hook-ups.

Ek het nooit gedink *Susan gaan so groot rol in my lewe speel nie, maar sy het; en ek het haar op ñ pedestal gesit en sy het die maatstaf geword vir almal wat ek romanties mee verkeer and just no one can live up to *Susan. Ek moes nooit so hard geval het vir haar nie, maar ek het. Sy het my hoop gegee, en ek het bly klou aan daai hoop, bly klou aan die idee van ons, want ek wou nie nie met die reality van als deal nie. Hoe deal mens met die reality van iemand wat jy so lief het, maar terselfde tyd my minderwaardig en nutteloos laat voel.

Dis moeilik om dan nie te glo dat jy nie minderwaardig en nutteloos is nie. In een van my laaste sessions saam die sigiater eindig sy die besoek met: “Quintinn, dink jy nog aan haar?” Ek het lank stil gebly en antwoord toe “soms, maar ek mis die gevoel saam haar meer as wat ek haar mis; en net omdat dit nie uitgewerk het tussen ons nie, beteken dit nie dat sy nie die beste ding was wat in my lewe gebeur het nie, want sy was.

*Susan het eventually haar Prince Charming ontmoet, en hulle is nou ñ paar jaar getroud al. Sy bly so bok spring vêr weg van my af, maar ons sien en gesels hopeloos te min met mekaar. My Prince Charming is sak en pak weg uit die stad, agter ñ Vrystaat Mielie aan. Ek sien op Facebook hulle is nou verloof.

Ek het intussen vrede gemaak met Die Ballade van my Swart koffie en stadig maar seker begin ons van vooraf ñ Vriendskap bou. Ek en *Harvey het weer ons opsit kers aangesteek en spandeer meeste naweke saam. *Susan is ontroon en *Harvey het haar vervang en ek het hom op nog n groter en hoer pedastal gesit. *Hartsvriend is glad nie happy met dit nie: “so jy pak weer kosblik op ñ Sondag en loop laai hom af by die koshuis?”. 

2018 was die begin van my personal growth; ek was los geruk uit my opmaak wêreld #PlanetQuintinn en moes met die hard realities van life deal. Ek het begin Koebaai sê aan alles wat nie werk vir my nie, dit is ñ stadige process, en ek is vêr van Koebaai sê aan alles, maar ek het die laaste jaar soveel ontdek oor myself en waartoe ek in staat is, dat dit nou makliker is vir my om dinge te laat gaan wat geen doel het of my gaan help om my doelwit te beruik nie.

Is *Harvey my Hollywood ending? Ek weet nie; al wat ek wel weet, daar is nog een Koebaai wat ek moet sê, en daai Koebaai sê ek in Hoofstuk 9…

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


Math Captcha
+ 72 = 82