Hoofstuk 6: Die Ballade Van My Swart Koffie
Ek het nog altyd gedink dat #PlanetQuintinn goed beman is en die wreed van die wêreld sal nie kan in kom nie, maar realiteit het kom klop so paar weke terug en ek kon dit nie igroneer nie.

Vandat ek kan onthou, leef ek op #PlanetQuintinn. ñ Planeet vol liefde, vreugde, happiness, koppies vol koffie, rainbows en unicorns. Die planeet is my manier om te ontsnap en al die sleg en wreed van die lewe weg te hou. Soos my planeet, waar ek loop wegkruip, is swart koffie my troos, my reward en ñ oor om te luister as ek dit nodig het. Koffie vat die hartseer weg, al is dit net vir daai rukkie wat jy dit drink. Dit bring vriende by mekaar, dis ñ vital ingredient van Ina Paarman se chocolate koek en ek drink my koffie swart, met een canderel, want ek glo vas swart koffie maak ñ koffie date langer.

Soos ek my lewe leef en mense word op my pad gesit, of dit nou is om ñ les te leer of om ñ hartseer weg te vat, gee ek ñ pass vir die mense wat ek dadelik mee click en ñ verskil maak in my lewe, om saam met my in my opmaak wereld #PlanetQuintinn te kom kuier.

Ek is van nature ñ extrovert, maar tog werklik ñ closet case introvert. Ek sukkel om nuwe mense te ontmoet en ek laat gewoontlik die idee met nuwe kennisse dat ek ñ drol is, maar soos een Pel elke keer uitwys as mense taken aback is met ñ ontmoeting met my “Dis Quintinn, don’t bother, uit die staan spoor hou hy nie van jou nie. He’ll warm up to you, dis nie jy nie, dis net mense in geheel. Hy hou net nie van mense nie”.

Dis waar, ek hou nie van mense nie, hulle stel jou teleur keur op keur, maar daar is wel een of twee keer in mens se lewe wat iemand op jou pad kom en jou hele siening oor die mensdom verander.

Die laaste paar weke sit ek met ñ diep hartseer, nie dieselfde hartseer soos wanneer die Tannie met die swart hare en wit rok kom kuier nie, maar eerder daai onrustige hartseer. Soos wanneer jy iets verloor wat jy baie lief voor was. My Swart Koffie begin iewers in Oktober 2016, dieselfde naweek wat ek my aand van passie gehad het met *Mielie.

So kom vier uiteenlopende mense, elk met hullle eie probleme, hartseer en geraamtes, bymekaar en ñ wonderlike Vriendskap ontwikkel. Ons vorm ñ bond wat ons glo ons verewig bymekaar sal hou. Ons bou ons Vriendskap sonder enige afguns, jalousie of haat. Ons bou mekaar op, ons maak tyd vir mekaar, ons huil en lag saam. Dit is ook die dag wat my lewe ñ ander rigting neem met elkeen van hulle wat stadig maar seker ñ impak op my lewe begin maak.

So paar jaar terug het ek vir *Hartsvriend ontmoet. Ons het seker so maand uit mekaar hier op die plaas begin werk. Bloot toevallig kom sy ook van die Vriendelike Stad met die baie liggies, nes my Prince Charming op die John Deere trekker. Enigste verskil is, sy het nie ñ plaas buite die stad nie, maar ñ strand huis so kat spoeg van die see af. Ek het haar nie regtig entertain in die begin nie, ons was in verskillende vriendekringe. Sy die hot blond, vriende met almal, en ek, die vettie wat wegkruip in sy huis voor die fan. *Hartsvriend is my voice of reason en my motiveerder. Sy’t ñ sagte hart en siel wat die goed in mense raak sien. Sy is ook my grootste fan, goed of sleg. Sy hou my op die pad wat ek stap en sy guide en inspireer my daagliks.

*Babsie het seker so 3 jaar na ons hier aangeland en begin werk. Haar wortels lê diep in die Frontier wêreld. Afkomstig van ñ dorpie so klip gooi van die plaas af. Sy’s ñ plat op die aarde Afrikaanse mysie met die mooiste hart wat ek ken. Sy luister sonder om te judge, sy gee raad, sy huil saam, sy bitch saam en haar drukkies omhels jou met die liefde wat sy uitstraal. Maar die belangrikste, sy’s ñ steun pilaar vir my wanneer ek dit die nodigste het.

Ek onthou die dag wat ek *Jan vir die eerste keer gesien het. Bottel heuning in die hand onder die boom voor die kombuis. Ons het nie dadelik vriende geraak nie, om die waarheid te sê ek kan nie eers onthou of ek hom gegroet het nie. *Jan het ñ persoonlikheid wat jou dadelik gemaklik laat voel. Hy bring ñ kalmte in die vriendekring met ñ glimlag wat jou dag ophelder al is die dag hoe swak. En hy lag uit sy maag, daai aansteeklike lag, vir my soms shitty grappies. Ons sit ure om en lag oor “semi fake” mermaids (ek lag nou elke keer as ek n post iewers sien van mermaids). ñ Vinnige koffie verander gewoontlik in ñ vinnige braai wat verander in ure se sit en klets en droom van Croatia toe gaan. Ons vang vis, beplan jag trips, het gereeld #BoisNight in die dorp, en soms ñ paar keer onverwags op die plaas. Ek speel Rambo soos hy my leer met ñ geweer skiet en hy geniet elke hookup storie wat ek hom vertel.

Saam *Jan doen ek meer “manlike” goed as wat ek nog ooit in my lewe gedoen het, of in belang gestel het. En dis *Jan, hy sien nie gay of straight nie, hy sien tyd spandeer saam sy beste pel. *Jan is ook daai pel wat my 5am op n Saterdag oggend in die dorp sal kom optel na ñ Vrydag aand #BoisNight sodat ek ñ Take Away kan huis toe vat (ñ Take Away is code vir Hookup, nie ñ vinnige stop by KFC nie). *Jan stap my pad van dag een saam my sonder om te judge.

So speel elkeen van hulle ñ rol in my ontdekkingstog; *Hartsvriend leer my weer lief kry na ñ diep hartseer. *Babsie leer my hoe om met compassion en oorgawe die lewe aan te pak en sy leer my ook van coconut oil “Jy gebruik hom vir ALLES”, en *Jan, *Jan herrinner my dat my lewe nie verby is op 34 nie en hy leer my daagliks dat ek nie define word deur my sexual orientation nie.

Ons almal is in ñ wye vriendekring, maar die vier van ons connect toevallig op ñ dieper vlak. Saam ontdek ons wat dit beteken om ñ Vriendskap te deel wat eg en effortless is. Ons maak seker om te minste een keer ñ week saam te kuier, onder ñ boom, by een van ons se huise of net ñ vinnige lunch date in die dorp om op te catch as die week dalk te hectic was. Ons deel alles met mekaar. Daar’s vinnige oproepe, whattsapp boodskappe om net môre te sê of te lag oor snaakse meme’s.

Ons leer mekaar ken en maak oop teenoor mekaar oor ons verledes, ons geraamtes en ons sien mekaar vir wie ons werklik is, nie die idee wat ons voorgee ons moet wees in society nie. Elke foto wat opgesit word in my huis weerspieel die lekker tye, herrineringe en liefde wat ons deel saam mekaar.

Ek het nog altyd gedink dat #PlanetQuintinn goed beman is en die wreed van die wêreld sal nie kan in kom nie, maar realiteit het kom klop so paar weke terug en ek kon dit nie igroneer nie.

Vandag is ons net foto’s en herrineringe van something that once was. Ons is uitmekaar geskeur deur die eindste dinge wat ons Vriendskap op gebou was. Jalousie en afguns is ñ vieslike ding en dit kruip op en byt jou in die gat sonder enige waarskuwing. Die telefoon lui nie meer nie, die voeltjie fluit nie meer oor my foon om vir my te sê daar is ñ whattsapp boodskap nie. Ek hoor nie meer die voetstappe van ñ onverwagste kuier nie en die boom waar onder ons ure spandeer het, is net nog ñ boom tussen al die ander.

Elkeen van ons hanteer dit op ons eie manier. Ek ervaar dit die hardste, ek voel betrayed, my hart is gebreek en ek is kwaad. Drie van ons klou aan die memories met die hoop dat dit sal verander, maar ons weet dit gaan nie. Ek keer terug na #VetQuintinn wat myself vergryp aan kos en weg kruip in die huis, want dit is al hoe ek weet om te deal met situasies. En dis verkeerd dat ek toe laat om so te verval in ou habits, habits wat hulle my geleer het ek nie nodig het nie.

Die skeur in die Vriendskap is die laaste ruk baie bespreek, die rede is nie tersprake nie, dit is nie die storie nie. Ons wil verstaan waar dit verkeerd gegaan het, so vinning, sonder waarskuwing. Maar daar word net heuning om ons monde gesmeer, woorde van hoop dat daar gewys gaan word ons is eintlik die belangrikste, ons beteken alles en ons is die ware vriende.

Elk van ons het iets anders geleer uit die hartseer. My les wat geleer is, is dat ek al hoe gemakliker raak met weg loop van goed wat nie bedoel is vir my nie, dis moeilik, maar noodsaaklik.

Dis moeilik om aan te beweeg van ñ gebroke hart, maar ek dink, dit is nog moeiliker om oor ñ gebroke Vriendskap te kom. Nou is ons net vreemdelinge wat dieselfde herrineringe deel, en eventually gaan ek die moed bymekaar moet skraap en iemand vergewe wat nie jammer is nie en ñ apology aanvaar wat ek nooit gaan kry nie.

Soos ek met my koppie koffie sit en die herrineringe hardloop weer deur my kop en ek onthou die goeie en slegte tye en die liefde wat ons gedeel het besef ek die Hoofstuk is ñ good-bye. ñ Good-bye aan ñ Vriendskap wat in die begin my lewe verander het. My op die pad help sit het wat ek vandag stap, ñ nuwe mens gemaak het in soveel opsigte, maar op die einde ñ bitter swart koffie smaak gelos het.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *


Math Captcha
9 + 1 =