Na al die hook-ups met *Mielie, het ek ñ sabbatical gevat, as one does, net om waar ek nou is in my lewe, te re-evaluate. Na ñ wilde naweek, vat ek ook gereeld op ñ Maandag ñ sabbatical wat gewoontlik net hou tot ñ Vrydag aand. Ons noem dit die “24h-Sabbatical”. ñ Mens moet iewers begin. ñ Hele ruk na die eerste sabbatical besluit ek dis dalk nou tyd om deel te word van die dating game, ñ kopseer op sy eie. Waar begin mens? Waar ontmoet jy likeminded people? Die realiteit is ek hou nie van mense nie.
Wat soek ek actually? Is ek reg om in ñ relationship te wees? So besluit ek, ek gaan dating apps probeer. “Nee” sê my kop, “jy’s nie 12 nie, niemand Mxit meer nie”.
Ons sit in *Hartsvriend se kantoor en net daar besluit *Hartsvriend sy maak ñ online dating profile vir my, maar jy moet betaal vir die meeste van die dating apps as jy nie net limited functionality wil hê nie. “Liefde kos geld, ek’s happy single. Thank You”. Ek word oortuig om nie so vining op te gee nie. So word submit gedruk en ek het ook n profile op die immergewilde Tinder. Ons laai 6 fototjies op, wat ñ ewigheid gevat het om te kies, en skryf ñ mooi storie oor myself. Lekker catchy om my persoonlikheid te wys in die 600 karakters wat mens het om te tik. So wag ek vir ñ match, iemand moet “right swipe” op my profile om te match. Jy word gejudge op looks, niemand stel belang in jou sad storie wat jy 4 ure gevat het om te skryf om jouself perfek te “verkoop” nie. No one cares.
Weke gaan verby, ek het begin gym, het ñ hele paar matches op Tinder, maar ek entertain dit nie regtig nie. Iewers in May 2017 pak ñ groep van ons, ons tasse en draai ons karre se neus in die rigting van die Garden Route vir n destination wedding. Dit is ook die naweek waar my soektog na liefde regtig begin het. n Naweek wat net beskryf kan word as die ou jare se ETV wat daai stout films op ñ Vrydag aand gespeel het, Emmanuelle, as ek reg onthou.
Vir die eerste keer het ek openlik ouens opgechat, lekker gekuier en ñ losbandige naweek gehad met tonne herrineringe. Dit was ook die naweek wat ek vir nog 2 seuns pelle vertel het ek's gay, op my spectacular way soos net ek nuus kan breuk, “I want that one”, en ek wys na die dans vloer. Dit het kompleet geklink asof ek voor n vending machine staan en sweets kies. “The girl in the black?” vra pel, “NO, the guy in the white shirt”, antwoord ek casually. “Ohhhhhhh, OK” en so raak pel my wingman vir die aand. Terug by die huis moet ek alles in detail vertel van die naweek se gebeure.
“Donner, jy’s preuts by die huis, maar sit jou net in ñ ander area kode en jy’s ewe skielik ñ man-whore. Ons moet jou toets”. En dis ñ reality, wat ek later besef het, in enige verhouding en hookup, of dit nou man en vrou of same sex is, ons leef in ñ wrede wêreld vol leuens en siektes.
“The only thing negative about me, is my status”.
Na die destination wedding weekend begin ñ warrel wind van hook-ups en discovery vir my oor naweke. PnP se car park en Grahamstad se Monument het al ñ paar maal nog ñ ETV Emmanuelle episode op gelewer. Intussen ontdek ek Grindr, en ek besef waar al die gays wegkruip. Die een ding met ñ klomp lawwe mans saam op een network is, hulle is morsig en niemand is daar om ñ longterm relationship op te tel nie. Behalwe naïve ek. My oë gaan vir die eerste keer oop oor die “community” en my eerste encounter, al was dit net ñ boodskap, was traumatic gewees.
My foon fluit en dis ñ boodskap van HugeLoad57. Sy boodskap is so onder die belt dat ek tot vandag toe nie weet hoe hy sy Ma soen met daai mond nie. Soos ek die boodskap lees, stuur hy ñ unsolicited pic, ek skrik so groot en gryp na die naaste bottle water soos ek verstik met bewerasies. So blok ek elke morsige man wat onvanpaste gespreke probeer aanknoop. Na HugeLoad57 se vulgêre maniere, was Grindr maar stil vir my. Ek besef dat die game is dalk so rapsie anders en ek sal moet aanpas as ek iemand wil ontmoet.
Ek verander my profile pic, create die persona KarooBoertjie en skryf ñ no-nonsense bio. Ek laat almal verstaan ek soek nie grillerige meisie mannetjies of orige ooms nie “if I want a bitch, I’ll date a girl”. Dadelik word ek oorval met boodskappe van ordentlike mans. Nou en dan as die mood my tref, entertain ek maar die een of twee lawwe manne wat ek nie vinnig genoeg blok nie. Maar ek terg hulle net, gee net genoeg om hulle lus te maak. Ek was mos nog altyd ñ tease en ñ groot flirt gewees.
Een ding wat ek wel nie duld nie is as ñ boodskap begin met “Hey”. NOPE. “Hay” is what horses eat, sê “Hi”. Ek's n kak moffie en ken nie die “community” nie, ek verstaan nog minder die “slang words”. Ons fight vir equal rights maar dit voel of 80% van die mans eerder “discreet” wil wees of bly. Ek verstaan nie die “discreet” nie, die lewe is nog altyd of wit of swart vir my gewees, daar’s geen grys area’s nie.
Intussen het ek met ñ oulike mannetjie begin chat, John Deere. Geen morsige boodskappe of fotos nie, normale gespreke soos opgevoede mense. Hy’t bree skouers en ñ John Deere hoed op die kop in sy profile picture. Hy kom van die Vriendelike Stad met die klomp liggies, ñ rapsie ouer as ek, hy’t ñ plaas net buite die stad en hy fluister al die regte goed in my ore. My vriende volg al die chats wat ek met hom het en ons besluit dis nou ñ legit ou die: Ek gaan plaas toe trek, ñ groente tuin begin, jams kook heeldag en beskuit bak vir die Ko-Operasie.
Ek en John Deere spreek af om te ontmoet vir die eerste keer, iewers by ñ fees so hele ruk terug in die Sitrus Vallei. Al wat opdaag is John Deere, ek stuur boodskap en hy antwoord “ek stort gou, heeldag besig gewees met draadspan”. Dadelik is vriende impress “hy kan met sy hande werk, hy gaan kan kyk na jou”.
Dit is nou maande later en ek wag nogsteeds vir John Deere om op te daag. Geen verskoning, geen jammer, niks van sy kant af nie. Prince Charming het sweet nothings gefluister en kon toe nie deliver nie. Dae later sou ons, na ñ Facebook Stalking, sien dat hy wel by die fees was. Realiteit skop in en ek besef wat “discreet” beteken. Ons is gay agter ñ boodskap en ñ hookup app. ñ Opmaak wêreld wat jy kan wegsteek van jou vriende en familie wat gaan judge agter die handpalm.
Na baie hook-ups het ek eventually ñ oulike mannetjie ontmoet, *Harvey (ons praat gewoontlik van "Naweeklyfie"). Ons het ñ lekker tyd saam en hy hou my jonk en ek explore en experience baie saam hom.
Binnekort, en ek kan dit voel, gaan ek wil settle. Ek soek daai epic Hollywood ending.
Eendag sal ek my Prince Charming op die John Deere trekker ontmoet, my groente tuin begin, jams kook heeldag en beskuit bak vir die Ko-Operasie.
*Skuilname
